Ons sjef, Corli Prinsloo, wys ons hoe om maklike geregte te maak met ’n lekker kinkel van haar eie om die dis net daardie ekstra lekkerte te gee om jou gesin en gaste mee te bederf. Kry die resepte hier.
Ons sjef, Corli Prinsloo, wys ons hoe om maklike geregte te maak met ’n lekker kinkel van haar eie om die dis net daardie ekstra lekkerte te gee om jou gesin en gaste mee te bederf. Kry die resepte hier.
2 weke gelede
Kook/Bak Tyd: 3 - 4 ure
Voorbereiding Tyd: 15 Minute
1 ontbeende skaapblad, teen kamertemperatuur (jy kan lam met been ook gebruik soos bv Lamsblad of skenkels.)
8 takkies vars tiemie
8 middelslag uie, heel en geskil
250 ml balsamiese asyn
2 knoffelhuisies, geskil
olyfolie
seesout
swartpeper
800 g groot wit aartappels, geskil
1.5- 2 liter water
350 g botter
400 ml melk, warm
10 g sout
swartpeper, vars gemaal
6 Mielies op die stronk
Olyfolie
Knoffelpoeier
Gerookte paprika
Rissiepoeier
Uiepoeier
Sout
Peper
Bakplaat
‘Ziplog’ sakkie
METODE:
Voorverhit die oond tot 180ºC/gas punt 4
Vryf die lam met 'n bietjie olyfolie en geur met sout en peper.
Plaas nog 'n bietjie olyfolie onderin 'n groot oondbak en sit die uie, knoffel en tiemie daarin en die lamsvleis bo-op.
Plaas in die oond vir 15-20 minute of tot die lam en uie ’n kleur gekry het.
Haal die pan uit die oond. Draai die oond af na 110ºCelcius. Bedek met ’n deksel wat goed pas en bak vir ongeveer 2-3 uur.
Na 3 ure, verwyder die knoffel en uie uit die pan en hou eenkant vir opdiening. Voeg die balsamiese asyn by en laat bak dit vir nog een uur sonder die deksel. Bedruip die lam elke 20 minute in die vloeistof.
Berei intussen die kapokaartappels voor deur die aartappels te skil en te skil.
Plaas dit in 'n pot met water en sout en laat kook vir 25-35 minute tot net sag en dreineer die water.
Gebruik ‘n stokmenger of sif en druk die aartappels fyn en meng botter daarin tot glad. (jy kan ook 'n aartappeldrukker vir hierdie proses gebruik).
Voeg sout en peper na smaak by en roer warm melk by tot die mengsel ’n gladde tekstuur het. Hou eenkant warm terwyl jy die lam klaarmaak.
Haal die lam uit die oond en plaas dit oor ‘n lae hitte op ‘n stoofplaat om enige oortollige vloeistof te verminder. Bedruip die lam met die vloeistof terwyl jy dit reduseer.
Voeg die uie en knoffel terug vir so 10 minute om weer warm te word.
Intussen kan jy die mielie-ribbetjies voorberei.
Meng die droë speserye in ‘n aparte bakkie en meng goed.
Sprinkel die mielies met ‘n bietjie olyfolie en sit dit in “ziplog” sakkie, strooi die droë speserye oor die mielies, maak die sakkie goed en skud dit goed sodat die speserye die mielies eweredig bedek.
Pak die mielies op ‘n bakplaat wat uitgevoer is met bakpapier, laat bak teen 180 grade vir ongeveer 20-25 minute.
Om voor te sit, sny die lamsvleis in porsies. Sit voor saam met die uie, knoffel en kapokaartappels met die mielie-ribbetjies bo-oor.
Opdiening en Garnering:
Skep die bord heerlike kos en garneer met vars Pietersielie / Tiemie.
stel voor
As jy 'n aanhanger is van ons land se kampioen MMA-vegter, Dricus "Stillknocks" du Plessis, dan moet jy die ontbytSAKE episode kyk! Ons het saam met hom gekuier en het vir julle die 'mens' agter die geharde vegter wys.
Op 2 September het ons gesels oor alles wat lekker en goed is in ons land... 😁
Ons gas was die Good Things Guy, Brent Lindeque en sy aansteeklike optimisme en energie kan ons almal net goed doen.
ontbytSAKE het 1 Jullie saam met die gewilde aanbieder en voormalige Protea Netbalspeler, Vanes-Mari du Toit gekuier en ons het ingeloer by besighede in die omgewing van Middelburg en Emalahleni in Mpumalanga.
Bly op hoogte van ons doen en late
© 2025