Ons sjef, Corli Prinsloo, wys ons hoe om maklike geregte te maak met ’n lekker kinkel van haar eie om die dis net daardie ekstra lekkerte te gee om jou gesin en gaste mee te bederf. Kry die resepte hier.
Ons sjef, Corli Prinsloo, wys ons hoe om maklike geregte te maak met ’n lekker kinkel van haar eie om die dis net daardie ekstra lekkerte te gee om jou gesin en gaste mee te bederf. Kry die resepte hier.
1 week gelede
Kook/Bak Tyd: 10 Minute
Voorbereiding Tyd: 10 Minute
Hoender:
1-2 Pakkies Mini Hoenderfilette
4 E sojasous
4 E olie
1 t vars knoffel
2 E heuning
Opgekapte grasuie
Sout en peper na smaak
½ t rissievlokkies
Slaai:
Slaaiblare van jou keuse
2 Mango's in blokkies gesny
2-3 sprietuie, fyn gekap
2 avo’s, in blokkies gesny
2-3 rooi bloedlemoene, geskil en in blokkies of wiggies gesny
Pêrel Koeskoes (gaargemaak volgens instruksies op pakkie)
1 E Heuning
2-3 E Olyfolie
1 suurlemoen se skil, gerasper
½ suurlemoen se sap
Sout en peper na smaak
Gekapte grasuie
Gekapte kruiisementblare
Garnering:
Mikrokruie
Swartpeper
Sitrus slaaisous van jou keuse
METODE:
Meng die hoendermarinade in ‘n glasbakkie.
Voeg ‘n bietjie olie in ‘n braaipan, braai die hoender-filette tot goudbruin en halfgaar.
Voeg die marinade oor die hoender en laat dit braai tot sous effe taaier word en hoender ‘n goudbruin kleur het. Hou pan eenkant en laat hoender afkoel.
Kook die pêrel-koeskoes volgens die pakkie se instruksies tot gaar en dreineer water en spoel goed af met skoon water.
Voeg al die koeskoes, slaaisous-bestanddele in bakkie en meng goed, gooi dit oor die koeskoes en meng goed deur. Plaas eenkant tot benodig.
Die bakkies kan nou gepak word in dele van, slaaiblare as die bed, koeskoes, mango, avo, bloedlemoene, hoender, sprietuie, mikrokruie.
Garneer met slaaisous en swartpeper.
Wenk: Jy kan enige van die slaai bestandele vervang met ander elemente waarvan jy hou.
stel voor
As jy 'n aanhanger is van ons land se kampioen MMA-vegter, Dricus "Stillknocks" du Plessis, dan moet jy die ontbytSAKE episode kyk! Ons het saam met hom gekuier en het vir julle die 'mens' agter die geharde vegter wys.
Op 2 September het ons gesels oor alles wat lekker en goed is in ons land... 😁
Ons gas was die Good Things Guy, Brent Lindeque en sy aansteeklike optimisme en energie kan ons almal net goed doen.
ontbytSAKE het 1 Jullie saam met die gewilde aanbieder en voormalige Protea Netbalspeler, Vanes-Mari du Toit gekuier en ons het ingeloer by besighede in die omgewing van Middelburg en Emalahleni in Mpumalanga.
Bly op hoogte van ons doen en late
© 2025