Ons sjef, Corli Prinsloo, wys ons hoe om maklike geregte te maak met ’n lekker kinkel van haar eie om die dis net daardie ekstra lekkerte te gee om jou gesin en gaste mee te bederf. Kry die resepte hier.
Ons sjef, Corli Prinsloo, wys ons hoe om maklike geregte te maak met ’n lekker kinkel van haar eie om die dis net daardie ekstra lekkerte te gee om jou gesin en gaste mee te bederf. Kry die resepte hier.
9 maande gelede
Kook/Bak Tyd: 40 Minute
Voorbereiding Tyd: 60 Minute
Bedien: 4
Maklik om voor te berei op 'n warm, oop vuur en swart ysterpan.
Vleis:
800 g tot 1 kg heel beesfilet
60 ml Gewone of Knoffelgegeurde Olyfolie
15 ml Soet Gerookte Spaanse Paprikapoeier
6 koppe gerasperde knoffel
Sout en peper
Chimmichurri-sous:
125 ml Willowcreek Jalapeño-gegeurde olyf-olie
3 gerasperde knoffelhuisies
Handvol gekapte vars origanum, kruisement en pietersielie
30 ml goeie gehalte asyn
Patatas Bravas:
4 groot wit of oranje patats
paprika na smaak
sout na smaak
Olyfolie
mielieblom
METODE:
Chimmichurri-sous:
Plaas al die bestanddele in 'n voedselverwerker en meng - bedien saam met die vleis.
Patatas Bravas:
Bak die patats in die oond op 180 grade tot gaar.
Gaarmaak van Vleis:
Maak die filet skoon en laat word dit droog in ‘n groot oondbak.
Vryf dit in met die olyfolie, gevolg deur die paprika, knoffel, sout en peper.
Bedek en laat dit vir ten minste 'n uur rus.
Braai op ’n warm, oop vuur en terwyl die vleis geskroei word, hou aan borsel met marineersappe.
Braai tot gaar vir ongeveer 3 tot 4 minute aan elke kant.
Verwyder en laat dit vir 20 minute rus.
Sny en bedien met Chimmichurri-sous en Patatas Bravas.
stel voor
Bly op hoogte van ons doen en late
© 2026