Ons sjef, Corli Prinsloo, wys ons hoe om maklike geregte te maak met ’n lekker kinkel van haar eie om die dis net daardie ekstra lekkerte te gee om jou gesin en gaste mee te bederf. Kry die resepte hier.
Ons sjef, Corli Prinsloo, wys ons hoe om maklike geregte te maak met ’n lekker kinkel van haar eie om die dis net daardie ekstra lekkerte te gee om jou gesin en gaste mee te bederf. Kry die resepte hier.
10 maande gelede
Kook/Bak Tyd: 15 Minute
Voorbereiding Tyd: 30 Minute
Porsies: 4-6 mense
2 Engelse komkommer, julienne (of 1 pakkie baba murgpampoentjies)
2-4 groot wortels, julienne
2 mango, in stukkies gesny
Pakkie kersietamaties, gehalveer
handvol kasjoeneute of grondboontjies, opsioneel
koljanderblare, na smaak
2 – 3 lemmetjies
Sous:
4 E Tamari-sojasous
2 E klapper, suiwer rietsuiker of rou suiker
2 knoffelhuisie, fyngekap
1 t rooipepervlokkies, of na smaak
sap van een lemmetjie
Hoender:
2-4 hoenderfilette, in blokkies gensy
sout en peper
Sap van ½ suurlemoen
olyfolie
1 t gemengde droë speserye
METODE:
Meng die sojasous, suiker, knoffel, rooipepervlokkies en lemmetjiesap in ’n klein bakkie en hou eenkant. Meng goed voor jy dit by die slaai voeg, want die suiker moet opgelos wees.
Sny die hoenderfilette in blokkies, geur met sout, peper, suurlemoensap, olyfolie en gemengde speserye en braai in olyfolie in ’n baie warm swaarboompan tot gaar.
Berei jou groente en vrugte voor, plaas in 'n mediumgrootte bak, gooi die sous oor en meng goed.
Bedien in individuele bakkies met ekstra skyfies lemmetjies, koljanderblare en neute bo-oor.
stel voor
Bly op hoogte van ons doen en late
© 2026