ONVDJ banier
25 Jaar Ontbytsake

smulSake

Ons sjef, Corli Prinsloo, wys ons hoe om maklike geregte te maak met ’n lekker kinkel van haar eie om die dis net daardie ekstra lekkerte te gee om jou gesin en gaste mee te bederf. Kry die resepte hier.

Terug
Snoek Risotto

3 maande gelede

Snoek Risotto

Kook/Bak Tyd: 25 Minute

Voorbereiding Tyd: 15 Minute

Bestanddele

Snoek:
1 vars of gevriesde snoek
100 g botter
 ⁠4 knoffelhuisies
 ⁠125 ml appelkooskonfyt
 ⁠30 ml vars suurlemoensap
30 ml witwyn
 ⁠sout en peper

METODE:
Druk die snoek met kombuispapier droog tot die meeste water geabsorbeer is.
⁠Verhit die botter en knoffel saam en laat dit oor lae hitte prut. Roer die appelkooskonfyt by tot dit gesmelt is en haal die mengsel van die hitte af.
⁠Roer die suurlemoensap en witwyn by die bottermengsel tot goed gemeng.
⁠Geur die vis liggies met sout en peper.
Plaas die oopgevlekte snoek op 2 lae dik foelie. Verf die snoek goed met die bottermengsel. Die vleiskant van die snoek moet na bó wys.
Laat rooster dit in die oond op 180 grade vir ongeveer 25 minute tot gaar. Druk ‘n vurk in die dikste gedeelte van die snoek. As die snoek vlok, is dit gaar.
Laat die snoek ‘n rukkie afkoel en vlok dit dan heeltemal uitmekaar in bak. Maak seker jy verwyder al die grate/ bene.

Risotto: 
300 g Arborio-rys
Gevlokte snoek
1 medium ui, fyn gekap
2 knoffelhuisies, fyn gekap
1 l visaftreksel  (Ina Paarman)
50 g Ongesoute botter
2 E olyfolie 
50 – 100 g Parmesaankaas, vars gerasper of reeds gekoop
 Sout en peper na smaak 
Sprietuie, fyn gekap
Vars room 
1 E Vars pietersielie, gekap

METODE:
Kook warm water en los die sakkie visaftreksel daarin op.
Verhit die olyfolie en die helfte van die botter in 'n groot pan oor medium hitte. Voeg die gekapte ui en 'n knippie sout by en soteer vir ongeveer 5 minute tot deurskynend.
Voeg die gekapte knoffel by en soteer vir nog 'n minuut tot geurig.
Roer die Arborio-rys by en rooster vir ongeveer 2 minute.
Voeg geleidelik 'n skep warm visaftreksel by en roer aanhoudend totdat dit geabsorbeer is. Herhaal totdat die rys al dente is, ongeveer 18-20 minute.
Wanneer die risotto amper gaar is, voeg eers die parmesaankaas by die risotto en roer deur. Jy kan hier ook bietjie room byvoeg vir ekstra lekkerte en romerigheid asook die botter en suurlemoensap. Geur met sout en peper.
Voeg die gevlokte snoek by. Los so bietjie eenkant vir garnering. 
Verwyder van die hitte. 
Laat dit vir 'n minuut rus en bedien dan warm, versier met gekapte pietersielie of sprietuie, parmesaanskaafsels en ekstra snoekstukke.
Jy kan ook suurlemoenskil oor rasper vir ekstra varsheid. 

onsGEMEENSKAP

Bly op hoogte van ons doen en late