ONVDJ banier
25 Jaar Ontbytsake

smulSake

Ons sjef, Corli Prinsloo, wys ons hoe om maklike geregte te maak met ’n lekker kinkel van haar eie om die dis net daardie ekstra lekkerte te gee om jou gesin en gaste mee te bederf. Kry die resepte hier.

Terug
Pangebraaide Italiaanse Biefstuk

3 maande gelede

Pangebraaide Italiaanse Biefstuk

Kook/Bak Tyd: 10 minute

Voorbereiding Tyd: 20 Minute

Bestanddele

1 E dennepitte
250 g kruisskyf biefstuk
2 opgehoopte teelepels Basiliekruidpesto
15 g Parmesaankaas
Ekstra suiwer olyfolie
Seesout en varsgemaalde swartpeper
Italiaanse Ciabatta brood

METODE:
Plaas 'n groot, swartboom pot of braaipan op hoë hitte.
Voeg die dennepitte daarin en rooster dit, roer gereeld, tot goudbruin. Verwyder dit uit die pan en hou eenkant. 
Sny die vet van die kruisskyf biefstuk af en kap dit fyn. 
Plaas dit in die warm pan en braai tot sag en bros.
Geur intussen die biefstuk met seesout en swartpeper. 
Plaas dit tussen twee velle bakpapier en gebruik 'n roller of vleishammer om dit tot ongeveer 1-2cm dik te druk.
Gebruik 'n gaatjieslepel om die bros stukkies vet uit die pan te skep en hou eenkant. 
Plaas die biefstuk in die warm pan en laat skroei vir net 1-2 minute aan elke kant vir 'n medium-gaar biefstuk wat nog in die middel pienk is.
Verwyder die biefstuk na 'n plank om vir 'n paar minute te rus. 
Terwyl dit rus, smeer die pesto oor 'n bord. 
Sny die geruste biefstuk in dun repies.
Rangskik die gesnyde biefstuk op die pesto-gesmeerde bord. 
Meng die biefstuk se rus-sappe met 1 eetlepel ekstra suiwer olyfolie in 'n klein bakkie en bedruip dit oor. 
Pak die roketblare op die biefstuk en sprinkel dan die geroosterde dennepitte en die bros stukkies vet oor. 
Gebruik 'n groenteskiller om skaafsels Parmesaankaas oor die gereg te rasper en bedien dadelik.

Indien jy nie gekoopte pesto gebruik, hier is my staatmaker pesto-resep en metode.
Basiliekruidpesto (Lewer 250 ml pesto)
2 k vars basiliekruidblare
125 ml olyfolie
80 ml dennepitte
3 knoffelhuisies, fyngemaak (± 3 t)
125 ml gerasperde parmesaankaas
sout en varsgemaalde swartpeper na smaak

METODE:
Plaas die basiliekruidblare, olyfolie en dennepitte in ’n voedselverwerker en pols tot glad.
Voeg die knoffel en parmesaankaas by en pols nog 'n keer. 
Skraap die kante van die voedselverwerker af met ’n rubber-spaan.
Roer sout en varsgemaalde swartpeper by na smaak.

onsGEMEENSKAP

Bly op hoogte van ons doen en late