Ons sjef, Corli Prinsloo, wys ons hoe om maklike geregte te maak met ’n lekker kinkel van haar eie om die dis net daardie ekstra lekkerte te gee om jou gesin en gaste mee te bederf. Kry die resepte hier.

2 maande gelede
Kook/Bak Tyd: 15 Minute
Voorbereiding Tyd: 10 Minute
1.8 kg gedopte, bevrore mossels, ontdooi en afgespoel
4 klein uie of 2 medium uie, fyn gekap
8 knoffelhuisies, fyn gekap
2 E vinkel, fyn gesny
4 E olyfolie
2 E botter
Sap van 1 suurlemoen
250 g suurroom
½ -1 k room
1 ⅓ t sout
2 t Toskaanse geurmiddels (As jy nie Toskaanse speserye het nie, gebruik droë oreganum of tiemie.)
1 t peper
20 – 30 g pietersielie, fyn gekap
METODE
Kook die pasta volgens die aanwysings op die pakkie.
Smelt intussen die botter in 'n groot kleefvrye pan.
Voeg uie, vinkel en knoffel by en soteer dit vir 3 minute oor mediumhitte.
Voeg bevrore mossels en suurlemoensap by en laat prut vir 3 -5 minute.
Roer, room, geurmiddels, sout en peper by en laat prut vir nog 5 minute.
Voeg die gaar pasta by en meng alles goed.
Bedien met 'n bietjie swartpeper en gekapte pietersielie.
stel voor
Bly op hoogte van ons doen en late
© 2026