Ons sjef, Corli Prinsloo, wys ons hoe om maklike geregte te maak met ’n lekker kinkel van haar eie om die dis net daardie ekstra lekkerte te gee om jou gesin en gaste mee te bederf. Kry die resepte hier.
Ons sjef, Corli Prinsloo, wys ons hoe om maklike geregte te maak met ’n lekker kinkel van haar eie om die dis net daardie ekstra lekkerte te gee om jou gesin en gaste mee te bederf. Kry die resepte hier.
3 weke gelede
Slaai:
2 k roketblare
1 ryp peer, in dun skyfies gesny
1 k groen spanspek (honeydew), in blokkies of balletjies
100 g sagte bokmelkkaas, in stukke gebreek
80 g Prosciutto, in repies geskeur
½ k gekarameliseerde kasjoeneute
METODE:
Plaas die roketblare losweg op ’n groot opdienbord of individuele borde.
Voeg die vrugte by en versprei die peerskywe en groen spanspek tussen die roketblare.
Skeur of vou die Prosciutto en plaas dit liggies bo-op die slaai.
Breek die Bokmelkkaas in groter stukke en strooi oor die slaai.
Strooi die gekarameliseerde kasjoeneute oor vir ’n lekker krakerige tekstuur.
Drup die heuning-suurlemoen slaaisous liggies oor net voor opdiening.
Gekarameliseerde Kasjoeneute:
1 K rou cashew neute
2 E bruinsuiker
1 E heuning
1 E botter
Knippie sout
Opsioneel: knippie chillivlokkies of gerookte paprika vir ’n bietjie skop
METODE:
Verhit die pan.
Plaas ’n klein braaipan oor mediumhitte.
Voeg die botter en heuning by en laat dit saam smelt.
Roer die kasjoeneute by die mengsel sodat hulle goed bedek is.
Sprinkel die bruinsuiker oor en roer aanhoudend vir 2–3 minute tot die suiker smelt en die neute mooi bedek is.
Voeg ’n klein knippie seesout by (en die chillivlokkies indien gebruik).
Laat afkoel
Sprei die kasjoeneute uit op bakpapier en laat dit vir 3–4 minute afkoel.
Hulle sal lekker bros word soos dit koud word en stol.
Heuning-Suurlemoen Slaaisous:
3 E ekstra-suiwer olyfolie
1 E vars suurlemoensap
1 t heuning
1 t Dijon-mosterd
Knippie seesout
Vars swartpeper
Klits al die bestanddele saam tot die sous mooi meng.
stel voor
Bly op hoogte van ons doen en late
© 2026