25 Jaar Ontbytsake

smulSake

Ons sjef, Corli Prinsloo, wys ons hoe om maklike geregte te maak met ’n lekker kinkel van haar eie om die dis net daardie ekstra lekkerte te gee om jou gesin en gaste mee te bederf. Kry die resepte hier.

Terug
Hamburger met Heuning-Mosterd Koolslaai

2 weke gelede

Hamburger met Heuning-Mosterd Koolslaai

Bestanddele

4 Beesvleis-patties
Olyfolie
Jimmy’s sous
Sout en peper na smaak
Gladde maaskaas
Heuning-mosterd-koolslaai:
⅓ witkool
1 medium wortel, geskil
4 E mayonnaise
1 E Dijon-mosterd
1 E heuning
2 t suurlemoensap
'n knippie swartpeper
knippie sout

Ander bestanddele:
Olyfolie vir diepbraai of jy kan die patties in die oond rooster.
4 snye Gouda-kaas, ek het die klaargesnyde soort gebruik, of jy kan dit self sny
4 geroosterde brioche-rolletjies of gewone ‘hamburger buns’
8 stukkies bros blaarslaai
½ rooi ui, geskil en dun gesny of koop die gepekelde rooi uie

METODE:
Braai die patties tot gaar, maar steeds effe pienk in braai pan of laat rooster in die oond op 180 grade. 
Sodra dit gaar is en uit die pan of oond kom, kan jy net ‘n bietjie Jimmy’s sous met ‘n koskwas oorsmeer. 
As jy ‘n effe gesmelte kaas verkies kan jy nou hier die snye kaas bo-op sit. 
Maak die koolslaai deur die kool en wortel met 'n mandoline te sny (of jy kan dit met die hand en ‘n mes dun sny). 
Plaas dit in 'n bak saam met die mayonnaise, mosterd, heuning, suurlemoensap en swartpeper. Roer dit saam, bedek dan en verkoel tot benodig.

Nou is dit tyd om dit aanmekaar te sit. 
Rangskik eers die patties in vier hope en plaas die gouda bo-op. 
Laat rooster of plaas dit in 'n warm oond vir 'n paar minute totdat dit net gesmelt is (dit is opsioneel – jy hoef nie die kaas te smelt as jy nie wil nie of as jy dit vroëer alreeds gedoen het)
Plaas die onderkant van die broodrolletjies op borde. 
Smeer maaskaas op die brood. 
Bedek met die blaarslaai en rooiui-skyfies, gevolg deur die patty.
Skep die koolslaai daarop en sprinkel dan die jalapeno-skyfies oor indien verkies of vars roketblare. 
Plaas die bokante van die brood rolletjies bo-op en bedien.

onsGEMEENSKAP

Bly op hoogte van ons doen en late