Ons sjef, Corli Prinsloo, wys ons hoe om maklike geregte te maak met ’n lekker kinkel van haar eie om die dis net daardie ekstra lekkerte te gee om jou gesin en gaste mee te bederf. Kry die resepte hier.
Ons sjef, Corli Prinsloo, wys ons hoe om maklike geregte te maak met ’n lekker kinkel van haar eie om die dis net daardie ekstra lekkerte te gee om jou gesin en gaste mee te bederf. Kry die resepte hier.
6 dae gelede
1,5-2,5 kg beesvleis prima rib (“briskette of chuck” kookbeesvleis kan ook werk)
1-2 E olyfolie
2-3 uie (in blokkies gesny)
1 - 2 stokkies seldery
6-8 vars knoffelhuisies (fyngekap)
3 k beesvleisaftreksel
1 k rooiwyn
2-3 E meel
Vars kruie (soos pietersielie, tiemie of roosmaryn of droë kruie)
Sout en peper na smaak
1 x blikkie Tamaties
Wortels in stukke gesny
Baba-aartappels
Rys of koring vir opdiening
Vars ogekapte pietersielie vir garnering
METODE:
Haal die vleis uit die yskas ongeveer 30 minute voor gaarmaak en laat dit by kamertemperatuur staan. Sny oortollige vet af indien nodig. Jy kan ook die vleis in meer hanteerbare stukke sny indien nodig.
Verbruin vleis aan alle kante met olyfolie, sout en peper in ‘n vuurwarm pan. Doen dit in kleiner hoeveelhede en haal uit die pan en hou eenkant tot al die vleis verbruin is.
Plaas al die vleis in die pan en laat dit vir ‘n verdere ongeveer 5 minute aan elke kant skroei, wat 'n bruin kors vorm. Sodra jy die beesvleis ingesit het, moenie dit vir 'n paar minute roer nie om dit heeltemal te verbruin. Sodra alles bruin is, haal die beesvleis uit die pot en hou dit eenkant.
Maak seker die ysterpot is steeds vuurwarm. Braai die seldery en fyngekapte knoffel in pan met bietjie ekstra olyfolie.
Voeg uie by en soteer vir ongeveer 8-10 minute, of tot dit deurskynend word, roer af en toe. Skraap die bodem van die pot om die bruin stukkies in te sluit.
Voeg die gebraaide vleis terug bo-op die uie en gooi die beesvleisaftreksel, rooiwyn en blikkie tamatie by.
Jy kan van die uie bo-op die beesvleis voeg. Voeg vars kruie of gedroogde kruie en speserye by indien gebruik. Plaas die vleis in die oond op 160 grade vir ongeveer 1 ½ tot 2 uur.
Kyk af en toe om seker te maak die vloeistof word nie te min nie. Indien daar nie genoeg is nie, voeg 'n bietjie water of beesvleisaftreksel by.
Ek kook die aartappels en wortels in aparte potjie sag en voeg dit net die laaste 20 minute in die oondpot, om al die geure aan te neem.
Indien daar nog te veel vloeistof is, prut onbedek vir 'n paar minute tot dit verminder of vir ‘n souserigheid, verwyder van die aftreksel in 'n aparte koppie. Klits 2-3 eetlepels meel by die aftreksel en roer tot alle klonte weg is. Voeg die meel- en aftrekselmengsel terug in die pot en roer goed. Begin bietjie vir bietjie en voeg meer by indien nodig. Laat rooster in die oond vir nog 10-15 minute oor lae hitte tot die sous verdik.
Voeg sout en swartpeper na smaak by.
BEDIEN: Verwyder kruiestingels voor opdiening. Breek en trek die beesvleis in kleiner stukkies of sny vir opdiening. Bedien oor rys or koring. Garneer met vars kruie.
stel voor
Bly op hoogte van ons doen en late
© 2026