ONVDJ banier
25 Jaar Ontbytsake

smulSake

Ons sjef, Corli Prinsloo, wys ons hoe om maklike geregte te maak met ’n lekker kinkel van haar eie om die dis net daardie ekstra lekkerte te gee om jou gesin en gaste mee te bederf. Kry die resepte hier.

Terug
Sampioen- en-Biltongsop

1 maand gelede

Sampioen- en-Biltongsop

Bestanddele

Lewer: 6 porsies

50 g botter
1 E olyfolie
1 groot ui, fyn gekap
3 knoffelhuisies, fyn gekap
500 g bruin sampioene, gesny (Portobelini sampioene kan ook werk)
250 g Portobello-sampioene, gesny
20 g gedroogde Porcini-sampioene (opsioneel)
1 t vars tiemie
1 t roosmaryn, fyn gekap
125 ml droë rooiwyn
1 l beesvleisaftreksel
250 ml vars room
40 g Parmesaankaas, fyn gerasper
Sout en swartpeper, na smaak
100 g fyn gekerfde biltong 
50 g Biltongpoeier

Garnering:
120 g fyn gesnyde beesbiltong
1 t olyfolie
Ekstra Parmesaanskaafsels
Vars tiemieblare

Franse baguette
Brie of Camembert kaas
Gekapte pietersielie vir garnering
Truffelolie 
Shiitake sampioene wat eenkant gebraai is in botter

METODE:
(Opsioneel) Week Porcini-sampioene in 1 koppie warm water vir 15 minute.

In 'n swaar pot:
Verhit botter en olyfolie.
Braai uie stadig vir ongeveer  8 minute tot sag en goudbruin.
Voeg knoffel, tiemie en roosmaryn by.
Voeg al die sampioene by en braai tot diepbruin en souse verminder het.
Voeg die rooiwyn by en laat prut tot die wyn deglaseer en vloeistof verminder.
Voeg die beesvleis-aftreksel en die opsionele Porcini-sampioene en die weekvloeistof by.
Laat prut op lae hitte vir ongeveer 20 minute.
Blits die helfte van die sop vir 'n luukse gladde tekstuur terwyl sommige sampioenstukke heel bly. 
Voeg die fyn biltong en biltongpoeier by.
Roer die room, asook die Parmesaankaas by.
Geur met swartpeper en sout.
Maak die oorblywende biltong vinnig bros deur dit te braai in 'n warm pan met 'n klein bietjie olyfolie of botter vir 30-60 sekondes. Moenie oorbraai nie.
Sny die baguette in snye, plaas die snye op ‘n bakplaat, geur met sout en peper en olyfolie of truffel-olie. 
Plaas die dun gesnyde brie of camenbert kaas op die baguette snye en rooster in die oond op 180 grade tot goudbruin en kaas smelt en borrel. 
Braai die Shiitake sampioene in ‘n pan met botter en druppels vars suurlemoensap, sout en peper. 
Garneer met die gebraaide biltong, gebraaide shiitake sampioene, gekapte pietersielie of grasuie, asook stukke parmesaankaas. 
Bedien warm saam met die geroosterde kaas baguette broodjies.

onsGEMEENSKAP

Bly op hoogte van ons doen en late