Ons sjef, Corli Prinsloo, wys ons hoe om maklike geregte te maak met ’n lekker kinkel van haar eie om die dis net daardie ekstra lekkerte te gee om jou gesin en gaste mee te bederf. Kry die resepte hier.
Ons sjef, Corli Prinsloo, wys ons hoe om maklike geregte te maak met ’n lekker kinkel van haar eie om die dis net daardie ekstra lekkerte te gee om jou gesin en gaste mee te bederf. Kry die resepte hier.
1 maand gelede
Lewer: 6 porsies
Biltongpaté:
250 g roomkaas
150 ml room
150 ml biltongpoeier of gerasperde fyn biltong
5 ml swartpeper
10 ml vars pietersielie of grasuie, fyn gekap.
Tuisgemaakte Roosterkoek:
500 g meel
7 g sakkie kitsgis
300 ml louwarm water
10 ml fyn sout
20 ml olyfolie
Ander:
Gekerfde biltong
Roketblare
Pekanneute
Gekarameliseerde uie (Klaargemaak, koop in botteltjie)
Botter
METODE:
Meng al die bestanddele vir die paté in 'n bak en bedien met biltongskyfies en ekstra gekapte kruie.
Roosterkoek:
Kombineer die meel, droë gis en sout in ’n groot bak.
Maak 'n holte in die middel en gooi die water in.
Gebruik jou hande om die water in die meel in te meng tot dit 'n deeg vorm.
Keer uit op 'n meelbestrooide oppervlak en knie tot glad.
Plaas die deeg terug in die bak en bedek met 'n lap vir ongeveer 30 minute of tot die deeg verdubbel het in grootte.
Knip die deeg af en verdeel in gholfbalgroot stukke of groter, soos jy verkies.
Plaas die balletjies in 'n gesmeerde skarnierrooster en braai oor medium kole, draai gereeld om, tot die roosterkoek gaar is. Hou warm tot benodig.
Opdiening:
Sny die warm roosterkoek in helftes en smeer die botter aan albei binne kante. Smeer ‘n mildelike porsie biltongpaté op die onderste deel van die roosterkoek en dan roketblare, ‘n eetlepel van die gekarameliseerde uie, gekerfde biltong en pekanneute. Plaas die boonste deel van die roosterkoek bo-op, of jy kan dit as oop broodjies bedien.
stel voor
Bly op hoogte van ons doen en late
© 2026