Ons sjef, Corli Prinsloo, wys ons hoe om maklike geregte te maak met ’n lekker kinkel van haar eie om die dis net daardie ekstra lekkerte te gee om jou gesin en gaste mee te bederf. Kry die resepte hier.
Ons sjef, Corli Prinsloo, wys ons hoe om maklike geregte te maak met ’n lekker kinkel van haar eie om die dis net daardie ekstra lekkerte te gee om jou gesin en gaste mee te bederf. Kry die resepte hier.
1 maand gelede
Lewer: 4-6 porsies
500 g linguine (gaar)
Kosjer-sout vir pastawater
600 g skoongemaakte garnale
6 E ongesoute botter, verdeel
2 -3 E olyfolie
4 knoffelhuisies, fyn gekap
1/4 k witwyn
1 blikkie fyngemaakte tamaties of 4 vars tamaties fyn gekap (Jy kan die tamaties in warm water laat week om die skil te verwyder)
1 E tamatiepasta
½ k groente-aftreksel
½ - 1 k room of gebruik van die pastawater (klappermelk kan ook eerder as room gebruik word)
1/2 t fyngemaakte rooipepervlokkies (opsioneel)
1/2 t sout, of meer na smaak
1/4 t swartpeper
2 E vars basiliekruid
1 E vars pietersielie, gekap
METODE:
Braai die garnale in 2-3 eetlepels botter en bietjie olyfolie in 'n groot 30 cm-pan of braaipan oor medium-hoë hitte tot dit ‘n pienk en ‘n mooi gebraaide kleur het. Geur met sout en peper. Verwyder uit pan sodra dit gaar is en hou eenkant tot benodig.
Verminder die hitte tot medium. Voeg die oorblywende 2 eetlepels botter in die pan. Sodra dit gesmelt is, voeg die gekapte uie en knoffel by en laat prut vir ongeveer 3 minute tot dit geurig, maar nie bruin is nie.
Voeg die wyn by en laat prut vir 30-60 sekondes tot dit met die helfte verminder het. Die alkohol verdwyn en net die geur by agter.
Voeg die blikkie tamatie of vars tamatiestukke by en laat dit vir so ‘n paar ekstra minute kook om die geure te ontwikkel. Geur met sout, peper en rissievlokkies.
Voeg laastens die room by en bring tot kookpunt. Laat prut vir 8-10 minute, roer af en toe, tot die sous effens verdik en die rou tamatiegeur sag word.
Terwyl die sous prut, kook die linguine volgens die aanwysings op die pakkie tot 1 minuut kort van al dente. Hou een koppie pastawater voor jy dit dreineer.
Meng alles saam. Voeg die gedreineerde pasta direk by die sous. Roer oor mediumhitte vir 1-2 minute. Voeg pastawater 'n paar eetlepels op 'n slag by as die sous styf lyk. Die styselagtige water help die sous om aan die pasta te kleef.
Verwyder die pan van die hitte en voeg die gebraaide garnale en enige sappe in die bord, basiliekruidblare en gekapte pietersielie by.
Meng liggies om al die smake te kombineer. Proe en pas die geurmiddels aan.
Bedien onmiddellik. Verdeel tussen bakkies. Garneer met ekstra basiliekruidblare en Parmesaankaas, indien verkies.
Bedien saam met geroosterde ciabatta brood as jy wil.
stel voor
Bly op hoogte van ons doen en late
© 2026