Ons sjef, Corli Prinsloo, wys ons hoe om maklike geregte te maak met ’n lekker kinkel van haar eie om die dis net daardie ekstra lekkerte te gee om jou gesin en gaste mee te bederf. Kry die resepte hier.
Ons sjef, Corli Prinsloo, wys ons hoe om maklike geregte te maak met ’n lekker kinkel van haar eie om die dis net daardie ekstra lekkerte te gee om jou gesin en gaste mee te bederf. Kry die resepte hier.
2 maande gelede
Lewer: 6 porsies
800 g Kruisskyf (Rump steak)
Jimmy sous (opsioneel)
Sout, na smaak
Swartpeper na smaak
2-4 E olyfolie
Gepekelde rooi uie, klaar gekoop (of jy kan rooi uie saam met die soetrissies braai)
1/2 groen soetrissie, gesny (opsioneel)
1/2 rooi soetrissie, gesny (opsioneel)
300 g Gouda & Cheddar kaas
6-8 Brioche boerewors-rolletjies
Botter
Vars tiemie/ sprietuie/ gekapte pietersielie vir garnering, opsioneel
METODE:
Geur die steak met sout, peper en olyfolie en die Jimmy sous, indien jy dit verkies, of jy kan die sous eers oor smeer terwyl dit rus.
Braai in ’n swaarboom-ysterpan of plaat tot mediumgaar. Hou die steak eenkant en laat dit rus. Sodra die vleis klaar gerus het, sny dit in dun repies.
Indien jy nie gepekelde uie gebruik; braai nou die uie en soetrissies in ‘n groot pan oor medium hitte.
Voeg olyfolie saam met die gesnyde uie en soetrissies.
Geur met sout en peper.
Braai tot die uie en soetrissies sag is en begin karamelliseer. Moenie haastig wees en dit laat brand nie.
As jy die soetrissies en uie braai, kan jy nou die vleis in die pan terugsit en roer om dit te kombineer.
Terwyl die vleis braai, sny die broodrolletjies oop en smeer met botter aan albei kante.
Plaas dit op ‘n bakplaat en in die oond op 180 grade om effe goudbruin te rooster. Jy kan dit ook op in die vleispan rooster.
Sodra die broodjies klaar gerooster het, vul die broodjies met die vleis en soetrissie/uie-mengsel.
Strooi die mengsel van cheddar en gouda kaas oor die vleisrepies.
Die gevulde broodjies gaan nou weer terug oond toe sodat die kaas kan smelt tot goudbruin en borrelend, ongeveer 8 minute, afhangende van hoe warm jou oond is.
Bediening:
Bedien jou Philly Kaas&steak broodjies op ‘n mooi houtplank of opdienbord, garneer met sprietuie, ingelegde rooi uie en gekapte pietersielie.
stel voor
Bly op hoogte van ons doen en late
© 2026