Ons sjef, Corli Prinsloo, wys ons hoe om maklike geregte te maak met ’n lekker kinkel van haar eie om die dis net daardie ekstra lekkerte te gee om jou gesin en gaste mee te bederf. Kry die resepte hier.
Ons sjef, Corli Prinsloo, wys ons hoe om maklike geregte te maak met ’n lekker kinkel van haar eie om die dis net daardie ekstra lekkerte te gee om jou gesin en gaste mee te bederf. Kry die resepte hier.
2 maande gelede
Lewer: 6 porsies
2 pakkies roketblare
1 pakkie gemengde mini groen en rooi kruieblare
1 pakkie (80 g) baba-spinasie
1-2 Boursin kaas (alternatief gekruide roomkaas)
1 kg klaar gekookte beet
3 pakkies Coppa-ham / Prosciutto of Pancetta
1 pakkie vars rooi kersies
1 pakkie swartbessies
1 pakkie gedroogde uie
Grondboontjie ‘Brittle’
Geroosterde brood kroutons
Slaaisous:
60 ml ekstra suiwer olyfolie
30 ml vars lemoensap
15 ml witwynasyn of sjampanje
1 t heuning
1 t Dijon-mosterd
Sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
METODE:
Voer 'n bakplaat of bord met bakpapier uit. Sny die klaargekookte beet in helftes of kwarte.
Plaas op die bakplaat en geur met sout, peper en olyfolie. Bak in die oond op 180 grade tot effens gerooster. Dit gee die beet ekstra geur en help ook dat dit nie die ander kos in die slaai verkleur nie.
Metode vir slaaisous:
Klits die lemoensap, asyn, heuning en mosterd saam. Klits die olyfolie stadig by totdat dit emulsifiseer is. Geur met sout en peper. Bedruip liggies oor die slaai net voor opdiening.
Sit die slaai bymekaar:
Meng die roketblare, baba-spinasie en die mikrokruie in ‘n bak.
Rangskik die blare op 'n groot opdienbord of in individuele bakkies.
Strooi die beetwiggies oor die blare asook die rooi kersies, bessies, Coppa ham, gekrummelde Boursin kaas, grondboontjie-brittle en kroutons. Laaste die gedroogde uie.
Bedruip mildelik met die slaaisous. Opsioneel kan jy ook balsamiese reduksie in jou bakkie gooi, voor jy met die slaai begin en dalk ‘n paar druppels aan die einde.
Sjef Corli se wenk:
Rooster die beet met 'n druppel olyfolie en 'n takkie tiemie tot sag. Die natuurlike soetheid en geur van die rooster pas pragtig met die sout van die Coppa ham en krakerige grondboontjielekkers.
Bedien met heerlike glas wyn.
stel voor
Bly op hoogte van ons doen en late
© 2026