ONVDJ banier
25 Jaar Ontbytsake

smulSake

Ons sjef, Corli Prinsloo, wys ons hoe om maklike geregte te maak met ’n lekker kinkel van haar eie om die dis net daardie ekstra lekkerte te gee om jou gesin en gaste mee te bederf. Kry die resepte hier.

Terug
Hoender & Pesto Platbrood

2 maande gelede

Hoender & Pesto Platbrood

Bestanddele

Lewer: 6 porsies

6  naan- of platbrode

2 k basiliekruid pesto

1 gaar rotisserie-hoender (Ontbeen en opgeskeer in stukke)

2 k gerasperde mozzarellakaas

1 k gemengde cheddar en emmentaler kaas 

1 - 1 ½ k kersietamaties, gehalveer

1 groot rooi ui, dun gesny

Olyfolie (vir smeer en sprinkel)

Sout en swartpeper, na smaak

Vars basiliekruidblare, vir garnering

Opsioneel: rooipepervlokkies en balsamiese reduksie 

METODE: 

Verhit die oond tot 200°C en voer 'n bakplaat met bakpapier uit.

Plaas die naan of platbrode op die plaat en verf liggies met olyfolie.

Smeer pesto eweredig oor elkeen tot by die kante.

Plaas die stukke hoender, mozzarella, tamaties en rooi ui bo-op. Geur met sout en peper.

Bak vir 10–12 minute of tot die kaas gesmelt en die kante goudbruin is.

Haal uit die oond. Garneer met basiliekruid, rooipepervlokkies of balsamiese reduksie indien verkies.

Sny in skywe en bedien warm.

onsGEMEENSKAP

Bly op hoogte van ons doen en late