Ons sjef, Corli Prinsloo, wys ons hoe om maklike geregte te maak met ’n lekker kinkel van haar eie om die dis net daardie ekstra lekkerte te gee om jou gesin en gaste mee te bederf. Kry die resepte hier.
Ons sjef, Corli Prinsloo, wys ons hoe om maklike geregte te maak met ’n lekker kinkel van haar eie om die dis net daardie ekstra lekkerte te gee om jou gesin en gaste mee te bederf. Kry die resepte hier.
2 maande gelede
Lewer: 8 porsies
1 pak Conchiglioni Pasta (groot skulpe)
1-2 E heel of fyn komynsaad
1 t peperkorrels
1 t heel koljandersaad
2 E lam “rub mix”
1 kg ontbeende lamsvleis in kleinerige stukke gesny,
2 E wyn
1 t sout
2 E olyfolie
4 t mielieblom
Sous
¼ k olyfolie
¾ k vleisaftreksel vars suurlemoen sap
½ k wyn
2-3 E ligte sojasous
1-2 E suurlemoensap
2 E macadamia of grondboontjie olie (Alterntief gewonde olyfolie)
1 E botter
2-3 t knoffelhuisies, fyn gekap
1 t vars gemmer, fyn gekap
2 rooi uie, dun gesny
2 E ‘chilli crunch’ in botteltjie
2- 3 E gedroogde uie (Klaargekoop in pakkie)
1 bossie vars koljander, gekap (lewer 1 koppie losweg gepakte gesnyde koljander)
METODE:
Kook die pasta volgens die aanwysings op die verpakking tot al dente. Dreineer, meng met 'n klein bietjie olyfolie en hou eenkant.
Verhit 'n droë pan oor mediumhitte en rooster die komynsaad, peperkorrels en koljandersaad vir 1–2 minute tot geurig. Maal grof met 'n stamper en vysel of speserymeul en meng met die lams-‘rub’.
Meng die wyn, sout, olyfolie en mielieblom saam. Voeg die lamsvleis en die geroosterde speserymengsel by en meng goed deur. Laat marineer vir minstens 20–30 minute.
Klits die olyfolie, suurlemoensap, wyn en ligte sojasous saam en hou eenkant in ‘n bakkie.
Verhit die olie in 'n groot wok of swaarboom-braaipan oor hoë hitte. Braai al die lam in sarsies tot verbruin, maar steeds sappig bly. Haal uit die pan en hou warm.
Voeg die botter by dieselfde pan. Braai die knoffel en gemmer vir ongeveer 30 sekondes. Voeg die rooi uie by en roerbraai vir 2–3 minute tot dit net begin sag word.
Voeg die chilli crunch en gedroogde uie by en meng goed deur.
Voeg die sous by en bring dit tot 'n ligte prut. Laat dit vir 2–3 minute verminder sodat die geure ontwikkel.
Plaas die gaar lam terug in die pan en meng als goed deur, indien jy dink die lam moet nog bietjie gaarder word, kan jy dit nou hier vir paar ekstra minute laat braai of prut.
Sodra dit klaar gedoen is voeg die gaar pasta by.
Meng alles liggies tot die pasta goed met die sous bedek is en deurwarm is.
Roer die meeste van die vars koljander deur die gereg en proe vir geur. Indien nodig voeg nog sout, peper of 'n bietjie suurlemoensap by.
Skep op in 'n groot opdienbak, garneer met die oorblywende vars koljander en nog 'n lepel ekstra chilli crunch vir ekstra byt, indien verkies.
stel voor
Bly op hoogte van ons doen en late
© 2026