ONVDJ banier
25 Jaar Ontbytsake

smulSake

Ons sjef, Corli Prinsloo, wys ons hoe om maklike geregte te maak met ’n lekker kinkel van haar eie om die dis net daardie ekstra lekkerte te gee om jou gesin en gaste mee te bederf. Kry die resepte hier.

Terug
Mediterreense Lamvleis-roti

1 maand gelede

Mediterreense Lamvleis-roti

Bestanddele

Genoeg vir 6-8 mense

Sout en gemaalde peper

Ongeveer 1,2 kg lamsboud of skenkelvleis

½ k olyfolie 

3 uie, gekap

3 knoffelhuisies, gekap

1 t (5 ml) paprika

1 t (5 ml) brandrissievlokkies

½ k (125 ml) rooiwyn

1 botteltjie Mediterreense tamatiesous (cook-in-sous) (opsioneel) 

1 blikkie (400 g) gekapte tamaties

1 E (15 ml) bruinsuiker

½ - 1 koppie (250 ml) beesvleisaftreksel

Roti’s of Wraps of selfs Pitabroodjies (klaar gekoop)

Feta en Kruiesmeer (Koop sommer by Woolies of gebruik ’n ander smeer van jou keuse)

METODE:

Geur die vleis met sout en peper.

Verhit olie in 'n groot pot oor mediumhitte en braai die vleis oral bruin. Doen dit in sarsies om te verhoed dat die pot oorvol word. Verwyder en hou eenkant.

Braai uie in dieselfde pot vir 5-8 minute of tot sag.

Voeg knoffel en speserye by en kook tot geurig vir ongeveer 1-2 minute.

Voeg die wyn by en deglasuur die pot.

Voeg die kooksous en ingemaakte tamaties by en roer tot gemeng.

Plaas die vleis terug in die pot of oond, bedek en verminder die hitte. Laat prut vir 1-1½ uur of plaas in die oond tot die vleis sag is en van die been afval.  

Laat die vleis effe afkoel en verwyder al die bene. Breek of trek die vleis  in kleiner stukke en voeg die ogekapte olywe by.

Hou die vleis eenkant tot benodig. 

GROENTE:

Olyfolie

1 pakkie Rosa tamaties

1 pakkie baba-murgpampoentjies, in ringetjes gesny

1 rooi ui, dun gesny

1 t komyn

1 botteltjie Mediterreense tamatiesous (cook-in-sauce)

Sout en peper na smaak

Garnering:

½ k Tahini-sous en ½ koppie mayonnaise gemeng

wit en swart sesamsaad

Vars koljanderblare

METODE:

Hou jou klaar voorbereide vleis eenkant tot jy dit benodig. 

Rooster die tamaties in die oond, met olyfolie, sout en peper.

Gooi olyfolie in die pan en braai die baba-murgpampoentjies en rooi uie tot effe sag en goudbruin. Geur met komyn, sout en peper. 

Voeg die vleis in dieselfde pan en laat dit verhit en effe braai, gooi die Mediterreense sous by, maar wees versigtig vir te veel anders is dit te souserig.

Verhit die roti’s of wraps in 'n pan of mikrogolfoond.

Smeer elke roti met Feta en kruie-smeer aan die onderkant.  

Skep lepels van die lamsvleis en groentemengsel in elke roti of wrap. (Jy kan ook ‘n pita broodjie gebruik).

Garneer die roti-vulsel met Tahini mayosous, koljander en sesamsaad voor jy dit geniet.

onsGEMEENSKAP

Bly op hoogte van ons doen en late