ONVDJ banier
25 Jaar Ontbytsake

smulSake

Ons sjef, Corli Prinsloo, wys ons hoe om maklike geregte te maak met ’n lekker kinkel van haar eie om die dis net daardie ekstra lekkerte te gee om jou gesin en gaste mee te bederf. Kry die resepte hier.

Terug
Boereworsrolletjie met Perske-blatjang

3 weke gelede

Boereworsrolletjie met Perske-blatjang

Bestanddele

Genoeg vir 6

Perske blatjang:
1 kg vars of geblikte perskes
1-2 medium rooi of wit ui
1 groen of rooi appel
¼ t gemaalde gemmer
1 t gerasperde vars gemmer
1 t gemaalde kaneel
7 kardemompeule, gemaal
¼ t anys
½ t gemaalde borrie
1 t koljandersaad
1 t swartpeper
1 klein gedroogde heel rooi brandrissie
1 t vars tiemie
1 t tamatiepasta (opsioneel)
1 ¼ k wit asyn
500 g ligbruin suiker (as jy geblikte perskes gebruik kan jy die suiker verminder met die helfte)

Ongeveer 1 kg Boerewors van jou keuse.
(Braai jou boerewors in die oond of op die oop vuur tot gaar.)

6 Worsbroodrolletjies
Botter 
Basieliekruid of mikro kruieblare vir garnering

METODE:
Skil, ontpit en sny die perskes en die appel in blokkies.
Kap die ui fyn of in langwerpige repies. Plaas dit saam in 'n groot kastrol.
Voeg suiker, asyn en speserye by en bring tot kookpunt.
Verlaag die hitte tot die mengsel prut.
Kook vir 45 minute of tot die vloeistof verminder het en die mengsel 'n marmelade-tipe tekstuur het en die gekapte perskes sag is, maar nie disintegreer nie. As jy geblikte perskes gebruik het, sal die kooktyd minder wees.
Roer af en toe met 'n houtlepel. 
Laat afkoel en hou eenkant. 
Indien jy dit nie dadelik gebruik nie, bêre in gesteriliseerde glasbottels.  

Opdiening: 
Sny die broodrolletjie aan die bokant in die middel, maar nie heeltemal deur. 
Smeer die rolletjies aan albei kante met die botter. 
Plaas die gaar boerewors in die middel van die broodjie. Skep van die perske blatjang bo-oor die boerewors. 
Garneer met vars basieliekruidblare en plaas op mooi opdienbord. 

onsGEMEENSKAP

Bly op hoogte van ons doen en late