ONVDJ banier
25 Jaar Ontbytsake

smulSake

Ons sjef, Corli Prinsloo, wys ons hoe om maklike geregte te maak met ’n lekker kinkel van haar eie om die dis net daardie ekstra lekkerte te gee om jou gesin en gaste mee te bederf. Kry die resepte hier.

Terug
Kaaps-Maleise LamsKerrie

2 weke gelede

Kaaps-Maleise LamsKerrie

Bestanddele

Genoeg vir 4

60 ml olyfolie (ongeveer 1/4 koppie)
400 g ui, fyn gekap (ongeveer 2 medium uie)
140 g tamatie, fyn gekap of gerasper - ongeveer (1 groot tamatie of halwe blikkie)
5 ml gegranuleerde suiker 
2 kaneelstokkies
4 kardemompeule, gekneus
1 t Maleise kerriepoeier
4 naeltjies
30 ml fyngedrukte knoffel (ongeveer 2 eetlepels)
30 ml gerasperde vars gemmerwortel (ongeveer 2 eetlepels)
5 ml borriepoeier 
7.5 ml rooi brandrissiepoeier 
5 ml brandrissievlokkies 
7.5 ml komynpoeier 
7.5 ml koljanderpoeier ongeveer 1 1/2 teelepels
5 kerrieblare
1 kg lam-stowevleis
5 ml sout, pas na smaak aan ongeveer 1 teelepel
500 g baba-aartappels, in helftes gesny
60 ml warm water ongeveer 1/4 koppie
30 ml vars koljanderblare, gekap 
1 k beesaftreksel of rooibostee (indien benodig)

Gaar Basmatierys
2 tamaties, fyn gekap
1 rooi ui, fyn gekap
sout en peper, na smaak

Fatima’s Puff Paratha Asian Rotis, maak warm in pan volgens aanwysings op pakkie
Vars koljanderblare vir garnering

METODE:
Verhit die olie in 'n pot oor medium hitte, geur die vleis met sout en peper en verbruin in die pan.
Braai die vleis in sarsies om seker te maak al die vleis word mooi verbruin. Hou eenkant. 
Gooi nog ‘n bietjie olie in die pot en voeg die gekapte uie by. Braai tot deurskynend vir ongeveer 15 minute. 
Voeg al die speserye by. As jy voel dit gaan aanbrand, voeg ‘n klein bietjie water by. 
Voeg die gekapte of gerasperde tamatie en suiker by en kook saam tot die basissous en aanbransels aan die bodem van die pan, deel van die sous vorm. 
Laat prut vir 8-10 minute om die geure te meng en die speserye en basissous te vorm. 
Voeg die verbruinde lamskenkels in die pot en geur met bietjie ekstra sout en peper. Maak seker die sous bedek al die vleis. Jy kan nog bietjie aftreksel in die pot gooi, indien nodig.  
Plaas die deksel terug op die pot en laat prut op lae hitte vir 30 minute.
Voeg die aartappels by en roer deur sodat dit met die kerriesous bedek word. Kook vir nog 40 minute tot die vleis en aartappels vurksag is, maar nie pap nie.
Proe die geurmiddels en voeg meer sout by indien nodig.
Voeg die gekapte koljander by en meng dit laaste deur.
Bedien warm met roti, tamatie- en uiesalsa of geurige basmati-rys.

onsGEMEENSKAP

Bly op hoogte van ons doen en late