ONVDJ banier
25 Jaar Ontbytsake

smulSake

Ons sjef, Corli Prinsloo, wys ons hoe om maklike geregte te maak met ’n lekker kinkel van haar eie om die dis net daardie ekstra lekkerte te gee om jou gesin en gaste mee te bederf. Kry die resepte hier.

Terug
Salm en Suurlemoen-Orzo Eenpangereg

3 weke gelede

Salm en Suurlemoen-Orzo Eenpangereg

Bestanddele

Bedien 4

 4 salmfilette, sonder vel (gebruik vars of gevriesde salm of forel)
1 t sout (verdeel)
1 t grofgemaalde swartpeper
1 t soet paprika
1 t knoffelpoeier
1 E olyfolie
1 t ongesoute botter
1 geel ui, fyn gekap
3 knoffelhuisies, fyngekap
1 k droë Orzo pasta
1 t gedroogde tiemie
3 k hoenderaftreksel
140 g babaspinasie
sap van ½ suurlemoen
zest van suurlemoen
½ k gerasperde Parmesaan
varsgemaalde swartpeper 
brandrissievlokkies
pietersielie, 

METODE: 
Rasper die Parmesaankaas en kap die ui en die knoffelhuisies fyn. 
Druk die salmfilette droog met 'n papierhanddoek. Geur aan beide kante met knoffelpoeier, soet paprika en ½ teelepel sout en peper.
Verhit olie en botter oor medium-hitte in 'n groot kleefvrye pan of braaipan. Plaas die salmfilette in die pan , braai 3-4 minute per kant. Verwyder uit die braaipan en hou eenkant.
Voeg die knoffel en ui in die pan. Braai tot sag en geurig vir ongeveer 2 minute en roer tiemie en die oorblywende sout en peper by. Voeg Orzo by en braai vir 1 minuut.
Gooi die aftreksel by en bring tot kookpunt. Om dit te laat prut, verminder die hitte tot medium-laag. Laat kook sonder 'n deksel terwyl jy af en toe roer om te verhoed dat die orzo vassit, tot dit amper al dente is en die meeste van die vloeistof geabsorbeer is, dit neem ongeveer 8 minute.
Voeg spinasie by, roer en prut tot verwelk vir ongeveer 2 minute. Roer suurlemoensap en Parmesaan by. Voeg meer aftreksel by, indien nodig. Proe en pas sout aan.
Plaas die salm terug in die pan en laat prut vir 2-3 minute, of tot die salm weer warm is.
Garneer met varsgemaalde swartpeper en brandrissievlokkies. Plaas die pan as eenskottel-maaltyd op die tafel. 

onsGEMEENSKAP

Bly op hoogte van ons doen en late