Ons sjef, Corli Prinsloo, wys ons hoe om maklike geregte te maak met ’n lekker kinkel van haar eie om die dis net daardie ekstra lekkerte te gee om jou gesin en gaste mee te bederf. Kry die resepte hier.
Ons sjef, Corli Prinsloo, wys ons hoe om maklike geregte te maak met ’n lekker kinkel van haar eie om die dis net daardie ekstra lekkerte te gee om jou gesin en gaste mee te bederf. Kry die resepte hier.
2 weke gelede
Kook/Bak Tyd: 15 - 20 minute
Voorbereiding Tyd: 10 Minute
6 lams-lendetjops
2 E olyfolie
4 knoffelhuisies, fyn gekap
2 E vars tiemieblare
1 E vars roosmaryn, fyn gekap
1/4 k ongesoute botter
Sout en peper na smaak
2 x Pakkie klaargereed mikrogolf kruie botter baba aartappels
1 x pakkie groenbone
1 rooi ui, in repies gesny
Varsgekapte Pietersielie
METODE:
Voorverhit jou oond tot 200 grade.
Smelt die botter in pot en voeg tiemie, roosmaryn en knoffel by. Laat dit vir 1 minuut warm word net sodat die vars kruie en bottergeure meng.
Geur die tjops met sout en peper aan beide kante. Plaas op ‘n bakplaat met foelie. (Dis makliker om skoon te maak.)
Skep of verf die lamstjops met die botter mengsel aan albei kante.
Bedien: Sodra dit na jou smaak gaargemaak is, verwyder die tjops uit die pan en laat vir 'n paar minute rus.
Bedien met jou keuse van bykosse, soos geroosterde baba-aartappels en gesoteerde groenbone.
DIe baba aartappels maak ek in die mikrogolf gaar tot sag, voeg mengsel van botter en olie in ‘n pan en braai tot goudbruin en krakerig vir ekstra geur.
Die groenbone en die rooi ui word saam gebraai in die pan in ‘n bietjie botter, sout peper en gekapte pietersielie.
stel voor
Bly op hoogte van ons doen en late
© 2026