ONVDJ banier
25 Jaar Ontbytsake

smulSake

Ons sjef, Corli Prinsloo, wys ons hoe om maklike geregte te maak met ’n lekker kinkel van haar eie om die dis net daardie ekstra lekkerte te gee om jou gesin en gaste mee te bederf. Kry die resepte hier.

Terug
Garnale met Suurlemoen-bottersous en Klappermelkrys

1 week gelede

Garnale met Suurlemoen-bottersous en Klappermelkrys

Bestanddele

2 k jasmyn- of langkorrelrys
1 blikkie klappermelk
1 k water
1/2 t fyn seesout
1 tot 2 t witsuiker (opsioneel*)
800 g – 1 kg skoongemaakte garnale
4 E olyfolie
½  k witwyn
1 - 2 vars suurlemoensap
150 – 200 g E botter
6 knoffelhuisies, fyngekap (opsioneel)
2 brandrissies, fyn gesny of gedroogde rissievlokkies (opsioneel)
½  k pietersielie of grasuie, fyngekap
¼ k witwyn 
METODE:
Spoel die rys deeglik af in 'n fyn sif tot die water helder is.
Voeg die rys, klappermelk, water, sout en suiker (opsioneel) in 'n groot kastrol en roer om als te kombineer. 
Kook oor mediumhitte. Roer die rys vinnig een keer, draai die hitte laer, laat al die vloeistof wegkook ongeveer 15 minute. Skakel die hitte af en plaas die deksel op die pot sodat die hitte die rys effe laat pof. Laat die rys vir 10 minute rus. Haal die deksel af en maak die rys los met 'n vurk.
Jy kan ook geroosterde klapperskaafsels by die rys voeg, asook gekapte pietersielie of grasuie. 
Plaas die garnale in 'n groot bak en geur met sout, peper en olyfolie. Bedek orals goed.
Verhit die oorblywende olyfolie in 'n groot swaarboompan oor medium hitte. Wanneer die olie warm is, voeg die garnale in die pan en skroei vir 1-2 minute aan elke kant of tot die garnale pienk word en begin krul. Verwyder die garnale uit die pan.
Deglaseer die pan met die witwyn en kook totdat die meeste van die wyn geabsorbeer is. Voeg die suurlemoensap by en roer deur. Draai die hitte laer en voeg die botter by die pan en laat prut tot jy 'n dik en romerige sous het. Hou aan roer tot die sous gekombineer het en die verlangde dikte bereik het. 
Voeg die garnale terug in die pan met die knoffel en brandrissie (opsioneel). 
Roer vir 1-2 minute of tot die knoffel geurig is en die garnale goed deur die sous bedek is. Haal die garnale van die hitte af en roer die vars pietersielie deur. Bedien onmiddellik.
NOTA: 
Die byvoeging van ekstra suiker is opsioneel, maar ek beveel aan om 'n teelepel of twee by te voeg as jy 'n effens soet klapperrys verkies. Basiese witsuiker sal werk, of klappersuiker of heuning sal ook heerlik wees.

onsGEMEENSKAP

Bly op hoogte van ons doen en late