25 Jaar Ontbytsake

smulSake

Ons sjef, Corli Prinsloo, wys ons hoe om maklike geregte te maak met ’n lekker kinkel van haar eie om die dis net daardie ekstra lekkerte te gee om jou gesin en gaste mee te bederf. Kry die resepte hier.

Terug
Oondgestowe Lamsvleis met Groenbone

3 weke gelede

Oondgestowe Lamsvleis met Groenbone

Kook/Bak Tyd: 3.5 uur

Voorbereiding Tyd: 20 Minute

Bestanddele

Bedien: 6 -8  mense
2 medium uie, in repies gesny
6 knoffelhuisies, fyngekap
6 takkies vars roosmaryn en tiemie
3 lourierblare
2 k beesaftreksel
⅓ k balsamiese asyn
2 E heuning
1 E Dijon- of heuningmosterd
1 E Worcestershire-sous
250 ml gladde tamatiepuree (blikkie)
1,3 kg lamsboud lamsvleis, (murgbeentjie is opsioneel om in te hou, of verwyder voor opdiening)
Sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
1–2 E olyfolie
1 pakkie groenbone
METODE:
Stel jou oond op 165°C. Berei 'n oondbak met 'n deksel of 'n swaarboompot voor.
Geur die vleis mildelik aan alle kante met sout en swartpeper.
Verhit olie in 'n groot pan oor matige hitte. Sodra dit warm is, plaas die vleis in die pan en verbruin dit vir 5–6 minute aan elke kant sonder om dit te beweeg tot die vleis 'n diep goudbruin kleur het.
Plaas die verbruinde vleis in jou oondbak of swaarboompot.
Versprei die gesnyde uie, gekapte knoffel, roosmaryn, tiemie en lourierblare rondom en bo-oor die vleis.
Klits die warm beesaftreksel, tamatiepuree, balsamiese asyn, heuning, mosterd en Worcestershire-sous in 'n mediumgrootte bak saam.
Roer tot die heuning opgelos en die mengsel glad is. Proe en pas die geur aan met sout of peper, indien nodig.
Giet die balsamiese asynmengsel egalig oor die vleis en uie; maak seker die vleis lê gedeeltelik in die vloeistof.
Bedek dig met 'n deksel (of seël met verskeie lae aluminiumfoelie indien nodig).
Plaas die bedekte bak in die voorverhitte oond en bak vir 3½ uur, of tot die vleis sag genoeg is om maklik met 'n vurk uitmekaar getrek te word.
Vir 'n nog ‘n sagter tekstuur, bak vir 'n verdere 20–30 minute.
Haal die vleis uit die oond en verwyder die lourierblare en kruiestingels of enige bene wat nog in die vleis mag wees.
Gebruik twee vurke om die vleis direk in die sous uitmekaar te trek. Roer liggies sodat al die vleis met die ryk, smaakvolle sous bedek is.
Voeg die geblansjeerde groenbone in die vleis, die bone is net vir ekstra geur, kleur en tekstuur in die vleis. 
Sit die balsamiese beesvleis warm voor saam met kapokaartappels, polenta of nog geroosterde groente.
Skep genoeg van die sous bo-oor vir 'n glansende, smaakvolle afwerking.
Garneer met ekstra tiemie, pietersielie of roosmaryntakkies.

onsGEMEENSKAP

Bly op hoogte van ons doen en late