25 Jaar Ontbytsake

smulSake

Ons sjef, Corli Prinsloo, wys ons hoe om maklike geregte te maak met ’n lekker kinkel van haar eie om die dis net daardie ekstra lekkerte te gee om jou gesin en gaste mee te bederf. Kry die resepte hier.

Terug
‘Pulled Pork’ met Appel- en Swartbessiesous op Brioche

1 maand gelede

‘Pulled Pork’ met Appel- en Swartbessiesous op Brioche

Bestanddele

Bedien 6–8 mense

VARKVLEIS:
2 kg ontbeende varkboud of skouer
2 E olyfolie
1 groot ui, gekap
4 knoffelhuisies, fyngedruk
2 t gerookte paprika
1 t gemaalde komyn
1 t mosterdpoeier
1 t swartpeper
2 t sout
2 E bruinsuiker
250 ml hoenderaftreksel
250 ml Cloud Haven Pinot Noir 2024
2 takkies vars roosmaryn
2 takkies vars tiemie
1 groot appel, in blokkies gesny
APPEL- & SWARTBESSIE SOUS:
2 groot Granny Smith-appels, geskil en gekap
250 g vars of bevrore swartbessies
1 klein rooi ui, fyn gekap
2 E bruinsuiker
100 ml Cloud Haven Pinot Noir
2 E appelasyn
1 E balsamiese asyn
1 E heuning
1 klein takkie roosmaryn
Knippie sout
Varsgemaalde swartpeper
REENBOOGSLAAI:
1 pakkie reenboogslaai (Woolworths “ready packed”)
1 Pakkie roketblare
Opsioneel: Tuisgemaakte slaaisous-bestandele - Olyfolie, heuning, dijon-mosterd, sout en peper. Gooi so bietjie van als in ‘n mengbakkie en sprinkel oor die slaai. Jy kan die reenboogslaai net so vars ook gebruik. 
OPDIENING: 
3 x Feta wiele
1 groot rooi appel (Sny in baie dun skywe)
6 Brioche rolletjies
Botter vir smeer van rolletjies of Dijon Mosterd en mayonaise
METODE:
Verhit die oond tot 160°C.
Meng die paprika, komyn, mosterdpoeier, sout, peper en bruinsuiker.
Vryf die varkvleis goed met olyfolie en bedek dit met die speserymengsel.
Verhit ’n swaarboompot en braai die vark aan alle kante mooi bruin. Haal uit die pot.
Voeg die ui en knoffel by en braai tot sag.
Plaas die vark terug in die pot. Voeg die aftreksel, wyn, appel, roosmaryn en tiemie by.
Bedek met ’n deksel en plaas in die oond vir ongeveer 3-4 uur, of tot die vleis maklik met twee vurke uitmekaar getrek kan word.
Haal die vleis uit en laat dit 15–20 minute rus.
Trek die vleis met twee vurke uitmekaar en meng van die heerlike pansappe terug deur die vleis. 
APPEL- & SWARTBESSIESOUS:
Plaas die appel, swartbessies, rooi ui, bruinsuiker, Pinot Noir, appelasyn, balsamiese asyn, heuning en roosmaryn in ’n kastrol.
Bring tot kookpunt en verlaag dan die hitte.
Laat dit 20–25 minute stadig prut tot die appels sag is en die bessies begin oopbars.
Druk van die bessies liggies fyn met ’n houtlepel.
Verwyder die roosmaryn.
Proe en balanseer met ’n bietjie ekstra asyn indien dit te soet is.
Die sous moet nie soos konfyt wees nie — jy wil ’n dik, blink sous hê met genoeg suur om deur die ryk vark te sny.
Maak die  Brioche Rolletjie: 
Smeer ’n dun lagie Dijon-mayonnaise of botteraan die onderkant.
Skep ’n groot hoeveelheid warm pulled pork daarop.
Dan ’n lepel van die appel- en swartbessiesous.
Gekrummelde feta 
Roket en reenboogslaai en baie dun skyfies vars rooi appel
Opsioneel vir opdiening in die bord:
’n Paar vars swartbessies en klein roosmaryntakkies

onsGEMEENSKAP

Bly op hoogte van ons doen en late