Ons sjef, Corli Prinsloo, wys ons hoe om maklike geregte te maak met ’n lekker kinkel van haar eie om die dis net daardie ekstra lekkerte te gee om jou gesin en gaste mee te bederf. Kry die resepte hier.
Ons sjef, Corli Prinsloo, wys ons hoe om maklike geregte te maak met ’n lekker kinkel van haar eie om die dis net daardie ekstra lekkerte te gee om jou gesin en gaste mee te bederf. Kry die resepte hier.
4 weke gelede
Bedien 8 mense
1 k blatjang
1 k mayonnaise
1 pakkie bruin uiesoppoeier
½ k water
sout en peper
1 E suurlemoensap
1 t Italiaanse kruie of hoenderspeserye
1,2 kg hoenderdye of 1.5 kg ontbeende hoenderdye
1 x pakkie geblansjeerde groenbone (punte afgesny)
2 E botter
Handvol gekapte pietersielie
6-8 medium aartappels (geskil, opgesny in blokkies en saggekook)
Eendvet of olyfolie
sout en peper
METODE:
Voorverhit die oond tot 180 °C.
Meng die blatjang, mayonnaise, soppoeier en water. As die sous te dik lyk, voeg nog ’n bietjie water by.
Plaas die hoender in ’n oondvaste bak en gooi die sous daaroor.
Bedek met tinfoelie en bak tot die hoender deurgaar is (ongeveer 40 minute); draai dit een keer om. Verwyder die foelie en verhoog die hitte tot 200 °C. Laat die vel vir 10 minute verbruin.
Corli se wenk:
Die sous kan vinnig brand weens die suikerinhoud; plaas ‘n stuk foelie bo-oor die bokant van die bak tot amper gaar. Die laaste 15 minute kan jy dit oop bak of rooster in die oond, hou dit net fyn dop. Sodra die hoender deurgaar is, haal dit uit die oond.
Groenbone:
Blansjeer in bietjie water vir paar minute en gooi dan die water af. Voeg die botter, sout, peper en gekapte pietersielie by en roer goed deur.
Geroosterde aartappels:
Skil die aartappels en sny in blokkie groottes, kook dit sag in ‘n pot met water. Dreineer die water en voeg die eendvet of olyfolie bo-oor die aartappels, geur met sout en peper.
Gooi die aartappels dan uit op ‘n bakplaat en rooster tot goudbruin en krakerig in die oond.
stel voor
Bly op hoogte van ons doen en late
© 2026