Ons sjef, Corli Prinsloo, wys ons hoe om maklike geregte te maak met ’n lekker kinkel van haar eie om die dis net daardie ekstra lekkerte te gee om jou gesin en gaste mee te bederf. Kry die resepte hier.
Ons sjef, Corli Prinsloo, wys ons hoe om maklike geregte te maak met ’n lekker kinkel van haar eie om die dis net daardie ekstra lekkerte te gee om jou gesin en gaste mee te bederf. Kry die resepte hier.
3 weke gelede
Bedien: 6 mense
12 skaaptjops
80 - 100 g kasjoeneute
olyf- of groente-olie
fyn seesout
½ t masala
'n paar takkies vars koljander
2 lemmetjies
MARINADE:
6 E natuurlike jogurt
3-4 t vars gemmer
1 t groen brandrissie
1 t gemaalde borrie
1 t fyn komynsaad
1 t garam masala
4 t groente- of olyfolie
1 t varsgemaalde swartpeper
1 t fyn seesout
PULAO RYS:
500 g gaar basmati-rys (voeg die kaneel, kardemon en sout by tydens die kookproses)
1 kaneelstokkie
4 groen kardemompeule
1 t fyn seesout
1- 2 shalotte of uie bros gebraai in bietjie botter of olyfolie
1 t gemmer
1 t gedroogde brandrissie-vlokkies (Opsioneel)
1 knippie komynsaad
1 klont botter
VARS GROEN CHUTNEY:
2-4 knoffelhuisies
4 groen jalapenos (ontpit as jy wil)
1 stuk gemmer, geskil
1 klein bossie vars kruisement, stingels verwyder
1 klein bossie vars koljander
8 E ryswynasyn
1 t fyn seesout
2 t suurlemoen of lemmetjiesap
METODE:
Meng al die bestanddele vir die marinade in 'n bak, voeg die lam by en draai dit om sodat dit deeglik bedek is. Bedek die bak en plaas dit vir ten minste 2 uur, verkieslik oornag, in die yskas.
Voorverhit die oond tot 200 ºC. Plaas die lam op ‘n bakplaat en rooster in die oond tot dit mooi bruin is. Laat dit vir ongeveer 5 minute rus; hou die vleissappe wat vrygestel word.
Spoel die Basmati-rys deeglik af, voeg die water by om die rys in gaar te kook, dan ook die kaneelstokkie, kardemom, sout in die water. Hou die deksel af van die pot terwyl dit gaar kook. Wanneer al die water weggekook is, laat die rys ‘n rukkie rus met die deksel op, dit is wanneer Basmati-rys lig en donserig word.
Braai die sjalotte of uie, gemmer, rissie (indien gebruik), komynsaad en botter tot bros in ‘n pan.
Rooster die kasjoeneute tot goudbruin in olie met 'n knippie sout en die masala. Voeg nou die gaar rys en neute in die pan waarin die sjalotte gebraai is, laat dit dat nog paar minute in die pan braai/ rooster sodat die smake goed meng.
Vir die Groen blatjang:
Verwerk al die bestanddele saam met 2 eetlepels water in 'n voedselverwerker tot glad. Proe en pas die sout- of rissie-gehalte aan indien nodig.
Opdiening:
Plaas die lam op jou bord, skep die vleissappe wat tydens die rusperiode vrygestel is daaroor, garneer met vars koljanderblare en bedien saam met die pulao-rys en groen blatjang.
stel voor
Bly op hoogte van ons doen en late
© 2026