ontbytSAKE

smulSake

Ons sjef, Corli Prinsloo, wys ons hoe om maklike geregte te maak met ’n lekker kinkel van haar eie om die dis net daardie ekstra lekkerte te gee om jou gesin en gaste mee te bederf. Kry die resepte hier.

Terug
Kouevleis Charcuterie bord en Pastrami Panini

1 maand gelede

Kouevleis Charcuterie bord en Pastrami Panini

Voorbereiding Tyd: 10 Minute

Bestanddele

Charcuterie bord

Bestanddele:
Drie tot vyf verskillende kouevleis-soorte bv. Salami, Pastrami, ham, geroosterde beesvleis
Kruie-olywe
Gegeurde roomkaas
Agurkies
Geroosterde en vars broodjies
Gegeurde kaaswiggies
Soetrissiesous
Mosterdsous

Pak die bord volgens jou eie voorkeure

Panini Pastrami

Bestanddele: 

Panini-broodjies
Smeerbotter
Dijon of Soet Mosterd
Roket of mini-slaaiblare
Pastrami
Gerasperde wit Gouda of enige ander wit kaas van jou keuse soos bv, Switserse kaas
Dun snye agurkies

Metode:
Sny broodjie in die helfte en smeer dit met botter. Plaas nou al die elemente op die broodjie en sny middeldeur en bedien dadelik op mooi bord of houtplank. 

onsGEMEENSKAP

Bly op hoogte van ons doen en late