Ons sjef, Corli Prinsloo, wys ons hoe om maklike geregte te maak met ’n lekker kinkel van haar eie om die dis net daardie ekstra lekkerte te gee om jou gesin en gaste mee te bederf. Kry die resepte hier.
Ons sjef, Corli Prinsloo, wys ons hoe om maklike geregte te maak met ’n lekker kinkel van haar eie om die dis net daardie ekstra lekkerte te gee om jou gesin en gaste mee te bederf. Kry die resepte hier.
11 maande gelede
Kook/Bak Tyd: 45 minute
Voorbereiding Tyd: 10 Minute
2 velle skilferkorsdeeg (Ek koop die blokke by Woolworths)
5 eiers
Sprietuie, fyn gekap
4 velle cheddarkaas
1 k mozzarella kaas, gerasper
Repies spek, in helftes gesny
Heuning
4 Spekpatties (Creekside Farm)
Mini kruieblare
Mayonaise brandsous van jou keuse
Sout en peper na smaak (Wees net versigtig met die sout, want die spek is baie souterig)
METODE:
Sny die skilferkors in 8 blokke vir vier pofbroodjies.
Plaas helfte van die blokke op ‘n bakplaat met bakpapier, strooi gerasperde kaas bo-op.
Plaas dit in die oond om te bak.
Vir die ander 4 blokke: Gebruik nog ‘n bakplaat, gooi ‘n bietjie heuning op vier plekke direk op die bakpapier, plaas die repiespek, en ‘n handjievol gerasperde kaas bo-op.
Plaas die stukke skilferkors bo-op elke hopie, en druk die kante plat en vas met ‘n vurk.
Bedek met eiersmeersel bo-op elke vierkant, dit help dat dit goudbruin bak.
Bak in die oond vir ongeveer 20 minute of tot goudbruin.
Berei nou die roereier voor.
Braai die sprietuie in ‘n bietjie olie of botter.
Voeg die eiers in die pan en bak tot gaar. Sit die stuk kaas bo-op, sodat dit so effe smelt.
Braai die spek pattie in ‘n bietjie olie of botter in ‘n pan tot gaar.
Sodra die ander vierkante skilferkorsdeeg klaar gebak het, kan jy jou toebroodjie pak en elemente bymekaar sit.
Sit die onderkant eerste neer, dan die mayo brandsousie, die spekpattie, skep die eier bo-op, en dan die bokant van die skilferkors met bacon gedeelte onder.
Garneer met mini kruieblare en bedien dadelik.
stel voor
As jy 'n aanhanger is van ons land se kampioen MMA-vegter, Dricus "Stillknocks" du Plessis, dan moet jy die ontbytSAKE episode kyk! Ons het saam met hom gekuier en het vir julle die 'mens' agter die geharde vegter wys.
Op 2 September het ons gesels oor alles wat lekker en goed is in ons land... 😁
Ons gas was die Good Things Guy, Brent Lindeque en sy aansteeklike optimisme en energie kan ons almal net goed doen.
ontbytSAKE het 1 Jullie saam met die gewilde aanbieder en voormalige Protea Netbalspeler, Vanes-Mari du Toit gekuier en ons het ingeloer by besighede in die omgewing van Middelburg en Emalahleni in Mpumalanga.
Bly op hoogte van ons doen en late
© 2025