Ons sjef, Corli Prinsloo, wys ons hoe om maklike geregte te maak met ’n lekker kinkel van haar eie om die dis net daardie ekstra lekkerte te gee om jou gesin en gaste mee te bederf. Kry die resepte hier.
Ons sjef, Corli Prinsloo, wys ons hoe om maklike geregte te maak met ’n lekker kinkel van haar eie om die dis net daardie ekstra lekkerte te gee om jou gesin en gaste mee te bederf. Kry die resepte hier.
10 maande gelede
Kook/Bak Tyd: 40 minute
Voorbereiding Tyd: 15 minute
3 E botter, teen kamertemperatuur
¾ k strooisuiker
3 groot eiers, geskei
1/3 k vars suurlemoensap (ongeveer 2 medium suurlemoene)
1 E fyn gerasperde suurlemoenskil
¼ k gewone meel
½ t bakpoeier
1/8 t sout
1 k + 1 E volroommelk
Versiersuiker vir versiering (opsioneel)
Gedroogde suurlemoenskil vir garnering (opsioneel)
Handvol bloubessies
METODE:
Plaas oondrak in die middel van die oond en voorverhit oond tot 160-170 grade.
Smeer 1½ liter oondbak of klein bakkies.
Klits die meel, bakpoeier en sout saam.
Verhit water vir die poeding se bain-marie (warmwaterbad).
Verroom die botter in die bak met 'n stokmenger of elektriese handklitser . Voeg die suiker geleidelik by en die eiergele een vir een en klits goed na elke byvoeging. Klits laastens die suurlemoensap en suurlemoenskil by.
Voeg die meel om die beurt met die melk by, begin en eindig met meel (3 byvoegings meel en twee van die melk).
Skraap die kante van die bak soos nodig.
Klits die eierwitte in 'n aparte, skoon bak teen hoë spoed tot sagte punte vorm.
Gebruik 'n rubber- of silikoonspaan en vou ongeveer die helfte van die eierwitte by die suurlemoenmengsel in en vou dan die oorblywende eierwitte in. Moenie mengsel oormeng of roer nie; gebruik die voutegniek.
Plaas mengsel oor na voorbereide oondbak.
Gooi die beslag in 'n hoë-kant bakpan wat ten minste 'n duimspasie rondom die beslag toelaat.
Plaas die bakpan op die oondrak en gooi warm water versigtig in die pan rondom die bak tot ongeveer halfpad gevul.
Bak vir ongeveer 40 minute, of tot die bokant van die poeding goudbruin is en die bokant van 'n ligte aanraking terugspring.
Haal die poedingbak versigtig uit die waterbad en sit oor na draadrak om af te koel tot louwarm of kamertemperatuur voor opdiening.
Poeding kan ook verkoel bedien word.
Versier poeding met versiersuiker en/of suurlemoenskil en bloubessies, indien verkies.
stel voor
As jy 'n aanhanger is van ons land se kampioen MMA-vegter, Dricus "Stillknocks" du Plessis, dan moet jy die ontbytSAKE episode kyk! Ons het saam met hom gekuier en het vir julle die 'mens' agter die geharde vegter wys.
Op 2 September het ons gesels oor alles wat lekker en goed is in ons land... 😁
Ons gas was die Good Things Guy, Brent Lindeque en sy aansteeklike optimisme en energie kan ons almal net goed doen.
ontbytSAKE het 1 Jullie saam met die gewilde aanbieder en voormalige Protea Netbalspeler, Vanes-Mari du Toit gekuier en ons het ingeloer by besighede in die omgewing van Middelburg en Emalahleni in Mpumalanga.
Bly op hoogte van ons doen en late
© 2025