Ons sjef, Corli Prinsloo, wys ons hoe om maklike geregte te maak met ’n lekker kinkel van haar eie om die dis net daardie ekstra lekkerte te gee om jou gesin en gaste mee te bederf. Kry die resepte hier.
Ons sjef, Corli Prinsloo, wys ons hoe om maklike geregte te maak met ’n lekker kinkel van haar eie om die dis net daardie ekstra lekkerte te gee om jou gesin en gaste mee te bederf. Kry die resepte hier.
9 maande gelede
Voorbereiding Tyd: 2 uur
Genoeg vir 6-8 mense
Mini Spikkeleier-fudge
1 blik kondensmelk
500 g wit sjokolade
200 g ‘Speckled Eggs Sweets’
METODE:
Gooi die blik kondensmelk en die wit sjokolade in ’n mikrogolf-glasbak.
Plaas in die mikrogolf vir 4 minute met 1 minuut intervalle wat jy dit elke keer deurroer.
Sodra dit alles saam gesmelt is, roer die gekapte spikkeleiers in die mengsel in.
Los ‘n paar stukke van die spikkeleiers vir bo-op as versiering.
Gooi die mengsel in ‘n bak of oondbak (ongeveer 16 x 16 cm groot)
Voer die bak uit met bakpapier voor jy die mengsel ingooi.
Gooi die laaste spikkeleiers oor en plaas in die yskas vir ‘n minimum van 2 ure om te stol.
Sny in blokkies.
Rice Krispies ringe of blokke
3 E botter
4 k droé Rice Krispies
2 x 150 g klein pakkie wit marshmallows (limited edition spicy flavour)
1 pakkie ‘Speckled Eggs Sweets’
METODE:
Gebruik ‘n groot pot en smelt die botter, voeg die malvalekkers in die pot, laat smelt oor lae hitte tot glad.
Haal van die hitte af.
Voeg die Rice Krispies ook in die pot en meng deur.
Voeg die gekapte spikkeleiers ook in die mengsel en los ’n paar bo-op as versiering.
Gooi uit in ‘n pan met bakpapier uitgevoer. Laat afkoel en sny in blokke.
Jy kan dit ook in ’n donut-ring pan plaas om ander vorms te maak, onthou net om die pannetjie te spuit met “Spray en cook”
Vanielje Kolwyntjies
Gebruik ‘n ‘Premix’ Vanielje-bokskoek met die versiersuiker ingesluit. Volg die resep en metode op die boks en maak die kolwyntjies en versiersuiker presies so.
1 Bakkie spookasem (jy koop dit by Spar of Checksers)
Spikkeleiers vir versiering
Soetkoekie met Spikkeleiers
Gebruik ‘n ‘Premix’ soetkoekie boks. (Ek verkies NOMU wat by Checkers te kry is.)
100 g ‘Speckled Eggs’
Volg die boks se resep en metode om die koekiedeeg aan te maak, voeg net die gekapte spikke eiers by die mengsel. Rol die balletjies en plaas op ‘n bakplaat met bakpapier.
Bak die koekies in die oond vir ongeveer 8-10 min op 170 grade.
Haal uit en laat dit afkoel.
Pak jou paasboksie na jou voorkeur.
stel voor
As jy 'n aanhanger is van ons land se kampioen MMA-vegter, Dricus "Stillknocks" du Plessis, dan moet jy die ontbytSAKE episode kyk! Ons het saam met hom gekuier en het vir julle die 'mens' agter die geharde vegter wys.
Op 2 September het ons gesels oor alles wat lekker en goed is in ons land... 😁
Ons gas was die Good Things Guy, Brent Lindeque en sy aansteeklike optimisme en energie kan ons almal net goed doen.
ontbytSAKE het 1 Jullie saam met die gewilde aanbieder en voormalige Protea Netbalspeler, Vanes-Mari du Toit gekuier en ons het ingeloer by besighede in die omgewing van Middelburg en Emalahleni in Mpumalanga.
Bly op hoogte van ons doen en late
© 2025