Ons sjef, Corli Prinsloo, wys ons hoe om maklike geregte te maak met ’n lekker kinkel van haar eie om die dis net daardie ekstra lekkerte te gee om jou gesin en gaste mee te bederf. Kry die resepte hier.
Ons sjef, Corli Prinsloo, wys ons hoe om maklike geregte te maak met ’n lekker kinkel van haar eie om die dis net daardie ekstra lekkerte te gee om jou gesin en gaste mee te bederf. Kry die resepte hier.
11 maande gelede
Kook/Bak Tyd: 15 Minute
Voorbereiding Tyd: 30 Minute
1 kg bees-maalvleis
1 ui, fyn gekap
1 t gemmer
1 t vars knoffel
Sout en peper
1-2 E tamatiepasta
1 E Kerrie poeier
1 E masala spesery
1 t borrie
Halwe suurlemoen se sap
1 blikkie klapperroom
Olyfolie
Botter
1 k Basmatierys
2-3 E fyn geroosterde klapper
koljanderblare vir garnering
Growwe klapper-snysels
Poppadoms
METODE:
Geur die maalvleis met sout en peper.
Voeg broodkrummels by om maalvleis te bind.
Rol in ewegroot balletjies.
Braai die frikkadelle in olyfolie in ’n braaipan tot goudbruin en gaar.
Haal uit en plaas eenkant tot later.
Braai die uie in die botter en voeg al die speserye by sodat die geure ontwikkel.
Voeg die tamatiepasta en klapperroom en suurlemoensap by.
Plaas die frikkadelle terug in die pan en laat dit so ‘n ekstra paar minute prut sodat die geure heerlik intrek.
Kook jou Basmatirys tot gaar.
Voeg die fyn klapper by die rys en meng deur.
Garneer met koljanderblare, growwe klapper, gewone dubbelroom-joghurt en Poppadoms.
stel voor
As jy 'n aanhanger is van ons land se kampioen MMA-vegter, Dricus "Stillknocks" du Plessis, dan moet jy die ontbytSAKE episode kyk! Ons het saam met hom gekuier en het vir julle die 'mens' agter die geharde vegter wys.
Op 2 September het ons gesels oor alles wat lekker en goed is in ons land... 😁
Ons gas was die Good Things Guy, Brent Lindeque en sy aansteeklike optimisme en energie kan ons almal net goed doen.
ontbytSAKE het 1 Jullie saam met die gewilde aanbieder en voormalige Protea Netbalspeler, Vanes-Mari du Toit gekuier en ons het ingeloer by besighede in die omgewing van Middelburg en Emalahleni in Mpumalanga.
Bly op hoogte van ons doen en late
© 2025