smulSake

Ons sjef, Corli Prinsloo, wys ons hoe om maklike geregte te maak met ’n lekker kinkel van haar eie om die dis net daardie ekstra lekkerte te gee om jou gesin en gaste mee te bederf. Kry die resepte hier.

Terug
Baklava Kaaskoek

6 maande gelede

Baklava Kaaskoek

Kook/Bak Tyd: 1 uur

Voorbereiding Tyd: 30 Minute

Bestanddele

Vir die Baklava-lae:

27 (9"x14") velle filo-deeg of ongeveer 1 en halwe boks filo-deeg
10 E gesmelte botter
1/4 k strooisuiker

Vir die Pistasieneut-lae: 
1 ½ k gekapte rou pistasieneute (pekans of okkerneute is ook opsies)
4 E gesmelte botter
6 E versiersuiker

Vir die Kaaskoek:

455 g roomkaas (2 bakkies, by kamertemperatuur) 
226 g Mascarpone (1 bakkie kamertemperatuur)
½ k dubbelroom
¾ k strooisuiker
3 medium eiers
2 E gewone meel
1 E meelblom

METODE:
Voorverhit die oond tot 180 – 200 grade. Begin met ‘n oop vel filo-deeg. 
Bedruip met ‘n halwe eetlepel gesmelte botter en sprinkel een teelepel suiker oor. Voeg 'n bykomende vel filo-deeg bo-op en herhaal tot jy sowat ses velle opmekaar het. 
Plaas die velle filo-deeg in 'n 20-23 cm springvormpan met die rante van die filo-deeg wat oor die kante hang. 
Herhaal die proses met nog ses velle filo-deeg en voeg dan by die pan wat die ander rigting kruis sodat die hele pan se rand bedek is. 
Druk die bodem van die deeg met ’n vurk vas. Bak vir 5 minute. 
Haal uit die oond en laat afkoel. Verminder oondhitte tot 160 grade.

Meng in 'n mediumgrootte bak gekapte neute, versiersuiker en gesmelte botter bymekaar.
Meng die kaaskoekbestanddele goed in ’n mengbak. Dit is die roomkaas, mascarpone, dubbelroom, suiker, eiers, gewone meel en meelblom.
Voeg die helfte van die neutmengsel in die pan oor die basis van die filo-deeg. Druk liggies met jou hande na onder. 
Gooi die kaaskoekmengsel in die 
springvormpan. Sit eenkant.

Sny drie velle filo-deeg in 'n sirkel van 20 cm. Gebruik die basis van die pan as verwysing. 
Sprinkel elke laag met ’n halwe eetlepel gesmelte botter en ’n halwe teelepel suiker en stapel op mekaar. 
Druk die ander helfte van die neutmengsel bo-op die filodeegsirkels vas, voeg versigtig bo-op die kaaskoekmengsel. 
Berei ses lae filo-deeg voor, herhaal die aanvanklike proses van botter en suiker tussen elke laag. 
Sny die stapel in 'n sirkel van 20 cm en sny 8 wiggies in die deeg. 
Plaas elke wiggie op die kaaskoek. Bak die kaaskoek vir 60-70 minute tot die deeg goudbruin en skilfererig is.
Haal uit die oond en laat afkoel by kamertemperatuur. Verkoel ten minste 4 ure of oornag.

Die volgende dag, voeg jy die suiker, water en suurlemoenskyfies in ’n kastrol en verhit teen medium-hitte tot kookpunt. 
Verlaag die hitte en laat prut vir 10-12 minute. 
Verwyder die stroop van die hitte en laat ’n bietjie afkoel tot louwarm.

Gooi die helfte van die stroop oor die baklava en om die rande. 
Laat staan vir 5-10 minute. 
Sny in die skywe en bedien met ekstra stroop.

onsGEMEENSKAP

Bly op hoogte van ons doen en late