Ons sjef, Corli Prinsloo, wys ons hoe om maklike geregte te maak met ’n lekker kinkel van haar eie om die dis net daardie ekstra lekkerte te gee om jou gesin en gaste mee te bederf. Kry die resepte hier.
Ons sjef, Corli Prinsloo, wys ons hoe om maklike geregte te maak met ’n lekker kinkel van haar eie om die dis net daardie ekstra lekkerte te gee om jou gesin en gaste mee te bederf. Kry die resepte hier.
8 maande gelede
Kook/Bak Tyd: 45 minute
Voorbereiding Tyd: 10 Minute
2-3 E olie
150 – 200 g biefstuk per persoon (kruisskyf of riboog)
Cajun-speserye, na smaak
3 E botter
500 g garnale, geskil en skoon
6 knoffelhuisies, fyn gekap
½ k hoenderaftreksel (of droë witwyn)
1 ½ k swaar room
3 t Dijon-mosterd
½ k Parmigiano Reggiano (parmesaankaas), fyn gerasper
2 E suurlemoensap
2 E pietersielie, gekap
METODE:
Verhit die olie in 'n groot pan op medium hitte.
Braai die biefstuk, gegeur met Cajun-speserye na smaak, tot ligbruin aan beide kante tot mediumgaar (of na jou eie voorkeur). ’n Gasbraaier sal ook goed werk.
Verlaag die hitte tot medium, voeg die botter by en laat smelt voor jy die garnale byvoeg en laat prut dit tot net pienk aan albei kante, sowat 1-2 minute aan elke kant en hou eenkant.
Voeg die knoffel by en laat prut tot geurig vir nog sowat 'n minuut.
Voeg die sous by en ontglans die pan deur enige bruin stukkies van onder af op te krap met ’n houtlepel, terwyl dit prut.
Voeg die room by, meng die dijonmosterd en nog Cajun-spesery by en bring tot kookpunt. Laat prut vir 'n minuut.
Meng die kaas by en laat dit in die sous smelt.
Meng die suurlemoensap, pietersielie en garnale by en sit voor oor die biefstukke.
stel voor
As jy 'n aanhanger is van ons land se kampioen MMA-vegter, Dricus "Stillknocks" du Plessis, dan moet jy die ontbytSAKE episode kyk! Ons het saam met hom gekuier en het vir julle die 'mens' agter die geharde vegter wys.
Op 2 September het ons gesels oor alles wat lekker en goed is in ons land... 😁
Ons gas was die Good Things Guy, Brent Lindeque en sy aansteeklike optimisme en energie kan ons almal net goed doen.
ontbytSAKE het 1 Jullie saam met die gewilde aanbieder en voormalige Protea Netbalspeler, Vanes-Mari du Toit gekuier en ons het ingeloer by besighede in die omgewing van Middelburg en Emalahleni in Mpumalanga.
Bly op hoogte van ons doen en late
© 2025