Ons sjef, Corli Prinsloo, wys ons hoe om maklike geregte te maak met ’n lekker kinkel van haar eie om die dis net daardie ekstra lekkerte te gee om jou gesin en gaste mee te bederf. Kry die resepte hier.
Ons sjef, Corli Prinsloo, wys ons hoe om maklike geregte te maak met ’n lekker kinkel van haar eie om die dis net daardie ekstra lekkerte te gee om jou gesin en gaste mee te bederf. Kry die resepte hier.
8 maande gelede
Kook/Bak Tyd: 45 minute
Voorbereiding Tyd: 30 Minute
1 kg medium aartappels, saggekook
300 g suurroom
1 bakkie mascarpone
1 rooi ui
1 pakkie spek, fyn gekap
100 g Mozzarella-kaas
100 g Cheddar-kaas
Vars sprietuie, fyn gekap
Sout en peper na smaak
Ina paarman Potato Spice
METODE:
Kook die aartappels tot lekker sag.
Gebruik ‘n tertbak en spuit met nie kleefwerende sproei.
Gooi die aartappels in die bak en gebruik ‘n lee pot om die aartappels plat en teen kante te druk.
Meng die roomkaas en mascarpone en vul die onderkant met die vulsel.
Braai die spek en rooi-uie in ‘n pan tot goudbruin en gaar.
Gooi die afgekoelde spekmengsel op die roomkaasvulsel.
Strooi die kase oor die spek en laastens die gekapte sprietuie.
Sprinkel olyfolie aan die kante van die aartapel.
Bak in die oond op 180 grade vir ongeveer 20-30 minute tot goudbruin.
As dit uit die oond kom, laat effens afkoel vir 15 minute sodat die vulsel effe stol.
Sny in pizza/koek snye en bedien.
Pork Belly Rashers
12 repies ‘Pork Belly Rashers’ (Varklies-repies)
1 bier
Sout en peper, na smaak
Pork seasoning spesery
1 klein botteltjie oestersous (250 ml)
1 t vars knoffel
1 t vars gemmer
2 E meelblom
6-8 stokkies sprietuie, fyn gekap
Olyfolie
METODE:
Gooi die ‘rashers’ in die bier saam met al die speserye, sout en peper asook die vars knoffel, gemmer en sprietuie.
Die oestersous word oor die vleis gesmeer.
Sprinkel die meelblom oor en smeer die vleis lekker in dat alles meng.
Plaas dit in die yskas vir 15 minute sodat dit kan marineer.
Braai die ‘rashers’ tot goudbruin en gaar in ‘n pan met olyfolie.
stel voor
As jy 'n aanhanger is van ons land se kampioen MMA-vegter, Dricus "Stillknocks" du Plessis, dan moet jy die ontbytSAKE episode kyk! Ons het saam met hom gekuier en het vir julle die 'mens' agter die geharde vegter wys.
Op 2 September het ons gesels oor alles wat lekker en goed is in ons land... 😁
Ons gas was die Good Things Guy, Brent Lindeque en sy aansteeklike optimisme en energie kan ons almal net goed doen.
ontbytSAKE het 1 Jullie saam met die gewilde aanbieder en voormalige Protea Netbalspeler, Vanes-Mari du Toit gekuier en ons het ingeloer by besighede in die omgewing van Middelburg en Emalahleni in Mpumalanga.
Bly op hoogte van ons doen en late
© 2025