Ons sjef, Corli Prinsloo, wys ons hoe om maklike geregte te maak met ’n lekker kinkel van haar eie om die dis net daardie ekstra lekkerte te gee om jou gesin en gaste mee te bederf. Kry die resepte hier.
Ons sjef, Corli Prinsloo, wys ons hoe om maklike geregte te maak met ’n lekker kinkel van haar eie om die dis net daardie ekstra lekkerte te gee om jou gesin en gaste mee te bederf. Kry die resepte hier.
11 maande gelede
Kook/Bak Tyd: 1 uur
Voorbereiding Tyd: 30 Minute
2 kg lam- of skaapvleis, in stukke gesny (ontbeen)
Olyfolie vir braai
Sout en peper na smaak
2-3 bruin uie, in repies gekap
1 pakkie 200 g spek, in repies gesny
4 klein stokkies seldery
1 t vars knoffel
1 t vars gemmer
2-3 t "lamb rub spice" (Woolworths)
2 t droë Italiaanse Spesery
1-2 E tamatiepasta
60 ml koekmeel of Bisto
3 k bees- of hoenderaftreksel
1 k rooiwyn
1 pakkie wortels, in growwe stukke gekap
6 baba-murgpampoentjies, grof gekap (opsioneel)
Ongeveer 5 - 6 aartappels, in dun skywe gesny
Botter kruiemengsel:
120 g gesmelte botter
1/2 t vars knoffel
30 ml Bronkors of Tiemie
Skil van een suurlemoen
Sout na smaak
Gebruik ’n stokmenger, om die bottermengsel tot glad te meng.
METODE:
Verbruin die skaapvleis en skep eenkant.
In dieselfde pot/pan, braai die uie, spek, knoffel, gemmer en seldery.
Voeg die vleis terug in die pot en die speserye, sout en peper, tamatiepasta, meel, aftreksel en rooiwyn.
Plaas die pot met deksel of foelie in die oond op 180 grade vir 30 minute.
Haal uit die oond en voeg die wortels en baba-murgpampoentjies in die pot, meng deur.
Druk so effe plat sodat die vleis en groente eweredig is.
Pak die aartappelskywe plat en so effe bo-op mekaar, oor die vleis.
Smeer met bottermengsel.
Plaas terug in die oond vir 45 minute op 160 grade.
Haal uit die oond, smeer weer 'n lagie bottermengsel op die aartappels en laat rooster tot goudbruin en krakerig vir 15 minute op 180 - 200 grade.
Nota: Die oondtyd en temperatuur is net ’n voorstel. Hou jou vleis dop om te sien wanneer dit gaar en gereed is vir die volgende stappe.
stel voor
As jy 'n aanhanger is van ons land se kampioen MMA-vegter, Dricus "Stillknocks" du Plessis, dan moet jy die ontbytSAKE episode kyk! Ons het saam met hom gekuier en het vir julle die 'mens' agter die geharde vegter wys.
Op 2 September het ons gesels oor alles wat lekker en goed is in ons land... 😁
Ons gas was die Good Things Guy, Brent Lindeque en sy aansteeklike optimisme en energie kan ons almal net goed doen.
ontbytSAKE het 1 Jullie saam met die gewilde aanbieder en voormalige Protea Netbalspeler, Vanes-Mari du Toit gekuier en ons het ingeloer by besighede in die omgewing van Middelburg en Emalahleni in Mpumalanga.
Bly op hoogte van ons doen en late
© 2025