Ons sjef, Corli Prinsloo, wys ons hoe om maklike geregte te maak met ’n lekker kinkel van haar eie om die dis net daardie ekstra lekkerte te gee om jou gesin en gaste mee te bederf. Kry die resepte hier.
Ons sjef, Corli Prinsloo, wys ons hoe om maklike geregte te maak met ’n lekker kinkel van haar eie om die dis net daardie ekstra lekkerte te gee om jou gesin en gaste mee te bederf. Kry die resepte hier.
1 maand gelede
Kook/Bak Tyd: 20 minute
Voorbereiding Tyd: 1 uur
Bedien: 6 - 8 mense
1 kg Maalvleis
2 E worcestersous
Sout en peper na smaak
4/6 medium aartappels, geskil en in blokkies gesny (hoeveelheid opsioneel)
2 E olyf-olie
2 t Komynsaad
1 t Koljandersaad
1 t Mosterdsaad
1 t borriepoeir
8 -10 vars kerrieblare
1 ui, fyn gekap
3 knoffelhuisies, fyn gedruk
1 x 2 cm stuk vars gemmer, geskil en fyn gerasper
1 x 2 cm stuk vars borrie, geskil en fyn gerasper
2 groen brandrissies, fyn gekap
1 k bevrore mielies
125 ml groente-aftreksel
Sout en varsgemaalde peper
15 g vars koljander, grof gekap
Vir die Tarka:
3 E botter
2 t Komynsaad
1 t Koljandersaad
1 t Mosterdsaad
10 vars kerrieblare
2 knoffelhuisies, fyn gedruk
1 t vars gemmer, geskil en fyn gerasper
1 t vars borrie, geskil en fyn gerasper
1 t vars groen rissies
Sout en varsgemaalde peper
250 g Filodeeg, ontdooi
METODE:
Voorverhit oond tot 180°C.
Braai die vleis in die pan met ‘n bietjie olyfolie en geur met sout, peper en Worcestersous.
Voeg aartappels in 'n groot pot en bedek met koue water, geur met sout, laat kook tot sag en dreineer.
Verhit olie in 'n groot pan, voeg die speserye saam met die kerrieblare by en kook tot dit begin ‘sizzle’.
Voeg die uie by en braai tot deurskynend.
Voeg die knoffel, gemmer, borrie en brandrissie by en laat kook vir 'n verdere minuut.
Roer die mielies by en kook vir nog 2 minute.
Voeg die gaar aartappels saam met die aftreksel by en druk die aartappels fyn tot 'n bonkige tekstuur.
Voeg die gaar maalvleis terug in die pan en meng als goed deur.
Geur die mengsel na smaak en vou die gekapte koljander in.
Plaas in 'n oondvaste bak.
Om die Tarka te maak, smelt botter in 'n kastrol en voeg die speserye saam met die kerrieblare by en laat prut vir 1 minuut.
Voeg die knoffel, gemmer en borrie by en soteer tot geurig.
Verwyder van hitte en geur na smaak.
Lê een vel filodeeg op 'n skoon, plat oppervlak uit.
Verf dit liggies met Tarka.
Plaas nog ’n vel bo-op en herhaal die proses totdat jy al jou velle gebruik het.
Druk die velle op en lê bo-op aartappels.
Bak vir 20 tot 25 minute totdat die deeg goudbruin en bros is.
stel voor
As jy 'n aanhanger is van ons land se kampioen MMA-vegter, Dricus "Stillknocks" du Plessis, dan moet jy die ontbytSAKE episode kyk! Ons het saam met hom gekuier en het vir julle die 'mens' agter die geharde vegter wys.
Op 2 September het ons gesels oor alles wat lekker en goed is in ons land... 😁
Ons gas was die Good Things Guy, Brent Lindeque en sy aansteeklike optimisme en energie kan ons almal net goed doen.
ontbytSAKE het 1 Jullie saam met die gewilde aanbieder en voormalige Protea Netbalspeler, Vanes-Mari du Toit gekuier en ons het ingeloer by besighede in die omgewing van Middelburg en Emalahleni in Mpumalanga.
Bly op hoogte van ons doen en late
© 2024