Ons sjef, Corli Prinsloo, wys ons hoe om maklike geregte te maak met ’n lekker kinkel van haar eie om die dis net daardie ekstra lekkerte te gee om jou gesin en gaste mee te bederf. Kry die resepte hier.
Ons sjef, Corli Prinsloo, wys ons hoe om maklike geregte te maak met ’n lekker kinkel van haar eie om die dis net daardie ekstra lekkerte te gee om jou gesin en gaste mee te bederf. Kry die resepte hier.
1 maand gelede
Kook/Bak Tyd: 30 Minute
Voorbereiding Tyd: 30 Minute
Bedien: 4 mense
1 lamsrak, omtrent 'n kilogram
Sout
Swart peper
4 E Mayonnaise
4 E Dijon-mosterd
Gekapte vars kruie soos: roosmaryn, tiemie, grasuie, kruisement, – wat jy ook al het
½ vars suurlemoen
Gerooster Knolgroente:
1.3 kg knolgroente (wortels, patats, parsnip, rooi uie, beet, selderywortel)
2 E olyfolie
1 t knoffelpoeier
½ t kosjersout
½ t uiepoeier
½ t gedroogde tiemie
½ t gedroogde origanum
¼ t gedroogde roosmaryn
¼ t gedroogde basiliekruid
¼ t gemaalde swartpeper
METODE:
Voorverhit die oond tot 220 grade.
Plaas lamsrak op 'n bakplaat wat met foelie of bakpapier uitgevoer is (vir maklike skoonmaak).
Geur met sout en peper en vars suurlemoen aan alle kante.
Meng mayonaise, mosterd en kruie saam. Smeer in 'n egalige laag oor die lamsrak — jy het dalk nie alles nodig nie.
Plaas pan in die oond.
Bak vir 10 minute, verlaag hitte tot 200 grade en bak vir nog 10 minute.
Haal pan uit die oond en plaas lamsvleis op 'n plank om te rus. Laat rus vir ten minste 10 minute (ek kan nie genoeg rus beklemtoon nie.)
Sny die vleis voor bediening.
Vir die geroosterde knolgroente:
Verhit oond tot 220 grade.
Skil die groente of skrop dit deeglik.
Sny groente in growwe stukke.
Hou die groottes eenvormig vir elke soort groente.
Blansjeer die groente in kookwater.
Plaas die groente in 'n groot oondbak.
Gooi met olyfolie, knoffelpoeier, uiepoeier, gedroogde tiemie, gedroogde basiliekruid, gedroogde origanum, sout en peper tot elke stuk deeglik bedek is.
Plaas groente op 'n bakpapier- of aluminiumfoelie-gevoerde pan of groot braaipan in 'n enkele laag.
Rooster in die oond vir 10-15 min.
stel voor
As jy 'n aanhanger is van ons land se kampioen MMA-vegter, Dricus "Stillknocks" du Plessis, dan moet jy die ontbytSAKE episode kyk! Ons het saam met hom gekuier en het vir julle die 'mens' agter die geharde vegter wys.
Op 2 September het ons gesels oor alles wat lekker en goed is in ons land... 😁
Ons gas was die Good Things Guy, Brent Lindeque en sy aansteeklike optimisme en energie kan ons almal net goed doen.
ontbytSAKE het 1 Jullie saam met die gewilde aanbieder en voormalige Protea Netbalspeler, Vanes-Mari du Toit gekuier en ons het ingeloer by besighede in die omgewing van Middelburg en Emalahleni in Mpumalanga.
Bly op hoogte van ons doen en late
© 2024