ONVDJ banier
25 Jaar Ontbytsake

uitvoerendeSake

Hier val die fokus op sake van belang vir die uitvoerende gesag – welsyn, liefdadigheid en sakebelange.

uitvoerendeSAKE | Louis McLaren

Besighede regoor oor die wêreld gons oor Kunsmatige Intelligensie (oftewel “AI” soos dit bekend staan). Die vraag op almal se lippe is: “Hoe gebruik ek AI om my besigheid te bemark?” 

Groot korporatiewe instansies is besig om miljoene aan die navorsing en implementering van AI te spandeer, en dit plaas kleiner besighede baie ver agter omrede hul nie die begroting daarvoor het nie. Daarom tree ontbytSAKE in vir al sy klein- en medium sakeondernemings met ’n splinternuwe projek. 

superSAKE

Louis McLaren, ontbytSAKE se Uitvoerende Vervaardiger, gesels oor die toegang wat ontbytSAKE-adverteerders binnekort sal hê tot die Gigabrain super-rekenaar se verwerkingsvermoë en AI-integrasie, teen ’n fraksie van die miljoene wat dit normaalweg sou kos!

“Ons noem dit sommer bemarking op steroids” - Louis McLaren

 Is JY gereed om jou onderneming aan die voorpunt van AI in Suid-Afrika te plaas?

Stuur sommer vandag nog ’n e-pos aan superSAKE@ontbytsake.co.za (al ons 2025-ondernemings kom outomaties in aanmerking)

Hou ook ontbytSAKE se platforms dop vir vinnige, gratis superSAKE-inligtingsessies wat in Mei-maand in Pretoria, Johannesburg asook Kaapstad afskop.

#ontbytSAKE #superSAKE #AI #kykNET #OnsMenseOnsBesighedeOnsTrots

onsGEMEENSKAP

Bly op hoogte van ons doen en late