ontbytSAKE bied ’n volweek weervoorspelling aan wat spesiaal gemik is op die landboubedryf om boere by te staan met plant- en oesbeplanning.
ontbytSAKE bied ’n volweek weervoorspelling aan wat spesiaal gemik is op die landboubedryf om boere by te staan met plant- en oesbeplanning.
Die nuwe weersegment sluit in beDaar kan ook uitgesien word na weerpatrone, reënval, rypvoorspellings, temperature, wind asook ’n algemene oorsig van die weer in Suid-Afrika en Namibië.
Ons gaan soms ook wegbreek van die gewone weervoorspelling om relevante besprekings te hou soos ‘n terugskouing van die afgelope seisoen en wat ons daaruit kan leer, ‘n vooruitskouing van die opkomende seisoen en waarvoor ons moet voorberei, La Niña, El Niño, afsnylaagdrukstelsels, droogtes, middelbreedtesiklone en vele meer. Alhoewel ons weervoorspelling van waarde is vir alle Suid-Afrikaners het ons ook ‘n spesiale fokus op landbou en hoe ons boere kan bystaan met relevante inligting vir besluitneming.
stel voor
Vind meer uit oor ander SAKE en sien waarmee ontbytSAKE besig is.
Bly op hoogte van ons doen en late
© 2026